Verlede maand
Vrou wil trek, maar wil nie kids agterlaat nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 33 jaar oud en bly al 16 jaar saam met ’n man hier in PE.

Ek hou niks van hierdie plek nie. Ek wil teruggaan na my grootwordplek toe.

Wanneer ek met hom hieroor praat, dan sê hy ek wil na hoermanne toe gaan. Hy sê ek gaan nie die kinders saamvat nie. Ek het drie kinders by hom.

Ek hou niks van PE nie. Al my familie is in die Noord-Kaap. – C van PE, WhatsApp

My jinne, hulle sê dan PE is so die vriendelike stad!

Maar aan die ander kant kan niemand jou forseer om in ’n plek te bly waar jy nie tuis voel nie.

Jy het darem 16 jaar uitgehou, so dis nie asof jy nooit probeer het nie.

Soos jy nou al besef het, is die groot probleem hoe jy jou kinders se pa van jou wense gaan oortuig.

Hy sien ongelukkig nie jou verlange raak nie. Vir hom is dit so goed soos jy wil saam met ’n ander man gaan nesskop.

Iewers sal julle middle ground moet bereik.

Op twee plekke kan julle nie bly nie, maar is daar dalk ’n manier dat julle, veral ná die lockdown, aan jou kant van die land kan gaan woon?

Prakties is dit nie altyd moontlik nie, veral wat werksomstandighede betref.

Sal jy oukei wees daarmee as jou verlange met lang vakansies gestil word, of stel jy net nie meer daarin belang om daar te bly nie?

Daar moet gewaak word daarteen om ’n situasie te skep waar hierdie man jou met jou kinders hostage hou. Antie weet jy sal nie sonder jou kids trek nie, maar jou kinders kan ook nie teen jou gebruik word sodat hy sy sin kry nie.

Dit is tyd dat julle soos volwassenes sit en die ding uitpraat, sonder dat hoer-beskuldigings heen en weer vlieg. Wie weet, as julle al jul opsies op die tafel gooi, lê jul middle ground dalk tussen hulle.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters