16 dae gelede
Vrou wil ná 13 jaar nie meer met man slaap
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL net weet of dit normaal is as jy nie meer seks wil hê met jou man nie.

Ons is tans 13 jaar getroud.

Ek is 52 jaar oud en my man is 61.

Nie een van ons het ’n verhouding buitekant ons huwelik nie. Bekommerd, WhatsApp

Ouderdom beïnvloed die libido van beide vroue en mans. Dis maar die verloop van die lewe waar ons nie altyd die stoute mens kan bly wat ons was nie.

Mediese probleme en stres in veral die werksplek kan ook jou seksdrang laat daal.

Veral menopouse en post-menopouse kan die lus-vlammetjie in vroue blus.

Dis egter baie belangrik om nie net jou gynae te gaan sien nie, maar om ook oop kaarte met jou man te speel.

Deur hom in die donker te hou, kan beslis probleme in jul huwelik veroorsaak as hy nie weet wat aangaan nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters