17 dae gelede
Vrou waarsku teen man wat vroue uitvreet
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS C van MP en ek wil graag vroue waarsku oor A.

Antie, A is ook van MP en hy gebruik vroue financially.

Hy soek jou net uit as jy ’n huis het. Hy het my so uitgevreet.

Hy is nou weer besig met ’n jong meisie van 30 jaar oud – sy oudste kind se ouderdom. Dis net omdat sy ’n huis het, Antie.

Ek wil haar net waarsku – hy is ’n wolf in skaapsklere.

Dan is hy nogal ’n polisieoffisier ook. Nee, hy is regtig daarop uit om vroue uit hul besittings te steel in die naam van liefde.C vannie MP, WhatsApp

Die Bybel vertel ons baie mooi dat con artists al vir duisende jare met ons is.

Kyk maar hoe het Esau sy geboortereg aan Jakob uitverhuur vir ’n pot lensiesop. Lentils, sonder die res van die breyani.

En nou het jy ook prooi geval vir hierdie man wat jou gecharm het met sy mooi woordjies. Toe maak jy jouself letterlik en finan­sieel kaal vir hierdie man.

Hy het jou geplay. ’n Saak kan jy nie maak teen hom nie, want hy het nie ’n gun teen jou kop gehou, jou afgepers of gedreig nie.

Jy is seergemaak, verbitterd en kan nie glo dat jy soos ’n fool in sy strik van verraderlikheid getrap het nie.

Hoekom is Antie so harsh? Jou waarskuwing sal heel waarskynlik op dowe ore val.

Daar is diegene wat vir geen geld alleen wil wees nie en wat hulself dan forseer om die woorde van liegbekke te glo.

Weens hierdie vrese om alleen te wees, maak hulle hulself vulnerable om uitgebuit te word. Nes jy.

Dit is tyd dat ons vroue besef dat jy nie ’n voël in jou lewe nodig het om goed oor jouself te voel nie.

Die verskil tussen voel en voël is immers net ’n deelteken. Ons almal maak foute. Leer hieruit en moenie weer dieselfde fout begaan nie. Hy gaan eendag boet vir wat hy aan jou en ander doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters