13 dae gelede
Vrou verkies nice times by diep lui daggaroker
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS die afgelope drie jaar gelukkig getroud. Of so het ek gedink ...

Antie, voordat ek en my vrou getrou het, het sy en haar eks steeds ’n ding aangehad.

Dit was asof sy nie kon besluit wie van ons twee sy wou hê het.

Ek het ’n ultimatum aan haar gestel en gesê sy sal moet kies, want só kan ek nie altyd wonder of ek die een is en of dit die ander een is nie.

Sy het my toe gekies, maar nie lank ná ons troue nie, het dit duidelik geraak hoekom.

Antie sien, die ander ou het ’n graad in williewerk. Van skooldae af is hy diep lui vir werk en ná matriek het hy maar aangehou om op sy ouers se nerves te werk.

Hy en my vrou was eers ’n couple. Wat sy in hom gesien het, weet ek nou nog nie.

Die man is, nes ons, al in sy laat 20’s, maar hy wil tot diep laat in die middag slaap en verder net dagga rook.

Toe ek en my vrou verder gaan studeer het, het die gevoelens tussen ons ontwikkel.

Ek het altyd agtergekom hulle bly nog in kontak en sien mekaar nog. Dis hoekom ek destyds gesê het sy moet haar keuse maak.

Anyway, drie jaar later kry ek ’n WhatsApp-boodskap op haar phone.

Ek wou net iets check. Ek krap nie op haar foon nie, maar iets het my net gesê ek moet check wat aangaan.

Ek lees toe die gesprek tussen hulle van hoe hulle mekaar mis en planne maak om mekaar weer te sien.

Nou, ek is die eerste een wat sal erken dat ek g’n engel is nie. Maar ek cheat nie op my vrou nie. Ek werk hard vir haar en ons pragtige kind en ek slaan en vloek en skel haar nie.

Ons bly in ’n goeie buurt, ons kind is in ’n goeie crèche en ons is geseënd deurdat ons albei ’n goeie werk het en daar is geen aand nie iets te ete nie.

So, wat het ek gemaak om dít te verdien? Jirre, ek drink nie eens nie. Ek rook net.

Is dit omdat ek nie ’n roekelose willie-werker en daggaroker is nie?

Hierdie ding vreet aan my, Antie. Ek kon nog nie genoeg moed bymekaarskraap om my vrou te konfronteer nie.

In ’n mate is ek bang vir haar reaksie of vir wat sy gaan confess.

Sy het nou al agtergekom iets is nie lekker nie, want ek kry nie eens lus om met haar intiem te verkeer nie.

Voor die mense en in die kerk gee sy voor om hierdie getroue vrou en kerksuster te wees.

Maar in die donker gange van Whats­App is sy hierdie losbandige vrou wat seksgeselsies met ’n low­life het.

Ek is kwaad, Antie. Ek voel dat sy besig is om my liefde en lojaliteit vir ’n gat te vat.

Sorry vir die woorde, maar ek dink nie ek verdien om só behandel te word nie.

Laas naweek het ek vir die eerste keer in jare ’n dop gedrink, want ek moes net van die stres ontslae raak. Sy het toe vir die hele naweek by haar ma gaan kuier en eers die Maandag huis toe gekom.

Dis nou as sy ooit by haar ma was, soos sy te kenne wil gee.

Het Antie vir my raad, asseblief? Dit is iets hierdie waarmee ek nie op my eie kan deal nie. Teleurgestelde Hubby, E-pos

Weet dít: Daar is vroue daar buite wat hul linkerlong sal gee vir ’n man soos jy.

Antie wil tog vir jou sê dat die antwoorde op jou probleme nie in die bottel lê nie. Drank het nog niemand se probleme opgelos nie. Dis ’n tydelike escape route wat dinge later net leliker laat uitrafel.

Hoe min jy ook al daarna uitsien, dit is tyd dat jy jou vrou konfronteer met wat jy weet.

Jy gaan haar onkant vang en daar gaan nie tyd wees om met enige liegstorie vorendag te kom nie. Jy sal onmiddellik weet of sy die waarheid praat.

Vir jou, jul huwelik en jul pragtige kind se onthalwe hoop ek nie dié vrou het iets stupids gaan aanvang wat nie gefix kan word nie.

As sy nie haar blessings kan count nie, is daar op haar foon ’n calculator wat haar kan help.

Antie hoop, glo en vertrou dat julle hierdie struikelblok uit die weg sal kan ruim.

As sy opwinding en romance soek, behoort sy dit by jou, haar wettige man, te soek én te kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters