20 dae gelede
Vrou verbied besoekers by haar huis oor Covid
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK BLY in ’n klein dorpie waar die mense glad nie worry oor social distancing en maskers dra nie.

Die corona-gevalle is hoog hier onder ons, maar mense paartie asof daar nie ’n dag van môre is nie.

Ek weier dat mense vir my kom kuier, maak nie saak of hulle familie is nie.

Hoekom is ons mense so erg hardhorend? – Bekommerd, Whatsapp

Antie se mond hang self elke dag oop as ek sien hoe selfsugtig mense met hul eie en ander se gesondheid omgaan.

Ja, 2020 was plenty vol difficulty, maar hierdie krisis is ongelukkig ver van oor.

Ons almal moet ons deel doen, maar veels te veel het hierdie lewe sonder wysheid of ore ingekom.

Hul nice times gaan nie meer so nice wees as hulle die dood van ’n geliefde met daai roekeloosheid veroorsaak nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters