28 dae gelede
Vrou seks nou weer skelm met haar eks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 27 jaar oud en het vier kinders. Hulle het elkeen hul eie pa, Antie.

Ek en my middel-kind se pa het ’n aan-en-af-ding aan die gang, maar hy is ’n getroude man.

Ek en hy het opgebreek en toe gaan trou hy.

Hy bel my nog altyd vir ’n potjie seks as hy dronk is.

Antie, ek mind regtig nie, want hy doen dit altyd lekker. Hy het ’n p**l soos ’n bongo.

Die enigste probleem is dat ek uitgaan met ’n 17-jarige wat nou in die tronk is, want hy is by ’n bende betrokke.

My kind se pa wil my ook nie uitlos nie en ek is bang sy vrou vind uit van ons twee.

Al sy vriende en familie weet dat ons in die stilte “pot”.

Het Antie dalk raad vir my? – K van B

Liefie, jy is darem besig om van jou lewe­ een groot en dodelike konkoksie te maak.

Sien jy nie in die nuus dat meisies sommer saam hul gangster boyfriends doodgeskiet word nie?

Wat gaan dan van jou trop kinders word? Sal elkeen dan maar na sy of haar eie pa moet gaan?

Dit maak nie saak of jou een kind se pa se voël groter as die hele Oudtshoorn is nie. Feit van die saak is – hy is getroud en het net kind by jou gemaak en aanbeweeg.

Nou kom hy jou steeds by wanneer hy dronk is. Kan hy jou dan nie nugter face nie?

Jinne, moenie jou so cheap laat maak nie. Het jy dan die vel oor jou gesig verruil vir ’n groot voël?

Groot voëls sit nie kos op die tafel vir jou kinders nie.

Dit is tyd dat jy jou priorities in ’n ry kry.

Op die oomblik is jy ’n jong meisie met ’n vrag kinders en iemand se professionele skelmpie. Sekerlik is daar iets meer wat jy in die lewe wil bereik?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters