2 maande gelede
Vrou se kullery destyds knaag nou erg aan my
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK MOES ál my moed bymekaarskraap om aan Antie te skryf.

Ek en my verloofde is nou al agt jaar saam.

Sy is 29 en ek is 52 jaar oud. Die punt wat ek wil maak, is dat ons lief is vir mekaar en ons wil mekaar nie verloor nie.

Sy wil graag ’n kind hê van ons eie, maar dis onmoontlik – seker van my kant af.

Ons twee was al by ’n kliniek om uit te vind, maar so iets gaan ons tussen R7 000 en R15 000 kos. Ek wil dit so graag vir haar doen.

Daar is nie fout met my seksdrange nie, want ons het seks amper elke tweede aand.

Ek wil net weet – is daar nie plekke wat ons twee kan help nie, asseblief?

Ek kan sien sy verlang na ’n kind, maar sy wil nie my gevoelens seermaak nie. – Desperaat, e-pos

Jy wei ongelukkig nie uit oor presies wat die mediese prosedure is wat julle so ’n klomp geld uit die sak gaan jaag nie.

Ook is daar nie sekerheid of die “probleem” wel by jou lê nie.

Antie lei van jou brief af jy neem maar so aan, sonder dat daar toetse gedoen is wat dit wel so bevind het. Dalk dink jy so omdat jy soveel ouer as sy is?

Julle behoort meer sekerheid te hê as beide van julle vrugbaarheidstoetse ondergaan.

En gepraat van vrugbaarheidstoetse: Soos julle nou agtergekom het, kan hierdie omtrént ’n duur proses wees, veral as jy die private way gaan.

Nie baie se salarisse is so vrugbaar om hierdie duur prosesse te kan afford nie.

So, as die geld skraps is vir ’n privaat mediese opsie, laat dit julle basies met die staatsopsie oor.

Daar is geen dienste vir infertility by primêre gesondheidsdienste soos klinieke en daghospitale nie.

Sover Antie weet, is die Tygerberg- en Groote Schuur-hospitaal die twee instansies wat wel ondersoeke en behandeling doen.

Jy sal egter ’n verwysing makeer om van dié dienste gebruik te maak. Antie is nie seker wie hierdie referral moet doen nie, maar luister by jou naaste daghospitaal of kliniek oor die stappe wat gevolg moet word.

Dit is by hierdie instellings dat toetse op beide jou en jou verloofde gedoen sal word en op grond van dié toetse sal ’n recommendation gemaak word vir of teen vrugbaarheidsbehandeling.

Antie hoop hierdie info help en dat dit julle ’n ander opsie bied. Alle sterkte!

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou is 19 jaar getroud en ek het nou onlangs uitgevind sy het jare ge­lede toe ons nog gedate­ het, op my gecheat.

Oor die jare het ek maar my suspicions gehad, maar so ’n maand gelede het ek besef dit was inderdaad so.

Natuurlik het ek haar gekonfronteer, maar sy maak dit af as iets wat gebeur het toe ons nog nie getroud was nie.

Ek sien dit nie so nie, Antie, want ons het daardie tyd reeds gedate toe sy ander ouens vir seks ontmoet het.

Hierdie ding vreet aan my en ek kan maar net nie oor dit kom nie. Ek kan nie anders as om te voel dat my vrou my verneuk het nie en ek het haar ook so gesê.

Ek is op daardie punt waar ek f*kk*l meer voel vir my huwelik nie.

Is dit dan verkeerd van my om so te voel, Antie? – Raadop, e-pos

Baie water het sedertdien in die see geloop, want 19 jaar is ’n lang tyd gelede. Antie verstaan egter dat jy steeds hieroor seergemaak voel, want soos jy sê, julle het immers daai tyd reeds gedate.

Antie neem aan sy het hierdie dinge gestaak het die dag toe julle trou en dat sy sedertdien faithful gebly het. Hoewel hierdie dinge nou aan jou knaag, moet julle ’n way vind om hieroor te kom.

Ek kan my net indink watter spanning tans in jul huwelik heers. Maar weet jy wat? Daar is nie veel wat gedoen kan word aan dinge wat amper twee dekades gelede gebeur het nie.

Julle het ’n lewe met mooi memories gebou en sekerlik behoort dit vir iets te count? Moenie dat die verlede jul hede opfoeter nie.

Praat met jou vrou hieroor en vind ’n manier hoe julle dié ou koeie in hul sloot kan oorbrug.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters