24 dae gelede
Vrou se hart koud teen siek verneuker-man
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DIE mense wat so jol, besef nie die seer wat hulle veroorsaak nie.

Ná 15 jaar van getroude lewe het my man ook besluit hy wil daai paadjie stap.

Allerhande verskonings is gemaak vir sy redes: Dat ek te koud in die bed was, dat ek te min seks vir hom gegee het, bla, bla, bla.

Antie, hoewel sy beskuldigings my seergemaak het, het ek uit my pad gegaan om hom tevrede te stel.

Hy het later soveel seks gekry dat hy sy gat nie kon draai of roer nie.

Maar steeds het sy jollery nie opgehou nie. Steeds was daar vroumense wat hom diep in die nag gebel het.

Dan het hy uit die warm bed opgestaan om iewers anders die oproep te beantwoord.

Hy het my verbally so afgebreek dat ek geglo het ék is die rede vir sy jollery.

Selfs toe hy ’n kind uit ons huwelik gemaak het, wou my oë nie oopgaan nie.

Voor ons familie en vriende het ek pretend dat alles orrait is. Stories het oor sy sleg dinge rondgeloop, maar ek het gemaak asof ek nie daarvan bewus was nie.

Toe kom hy eendag onder trane na my. Hy het die groot griep.

Ek het my dadelik laat toets en deur die genade van bo het my toets negatief teruggekom.

Nou is hy soos ’n voëltjie wat nie die nes wil verlaat nie.

Waar hy naweke nooit by die huis was nie, is hy ewe skielik altyd hier.

Niemand weet van sy status nie. Ek hou maar nog die blink kant bo. Maar my hart is vir hom koud. Yskoud.

As ek dink aan die tye dat hy my verneuk en seergemaak het, kom daar ’n haat in my op.

Ons het lankal nie meer seks nie. Daai ding van beskermde seks sal verhoed dat ek die virus opdoen, werk nie by my nie. Ons is nog net in naam getroud.

Ek wag vir die dag dat die dood hom en sy jagsheid kom haal. Anoniem, e-pos

Wow! Wow! Vrou, as jou brief nie ál wat joller en wannabe joller is se oë oopmaak nie, dan weet Antie nie wat sal nie.

Jou man se buitehuwelikse aktiwiteite het jou koud gemaak. Yskoud.

Soveel so dat jy min of geen simpatie het vir die situasie waarin hy hom bevind.

Antie ken ’n oom wat altyd gesê het: God forgives, I don’t.

Ek glo egter dat vergifnis steeds belangrik vir jou is.

Ons is mense met feelings. Jy wil nie toelaat dat jou man jou so emosioneel afstomp en koud maak dat die woede en haat wat jy tans voel jou van binne gaan begin verteer nie.

Niks kan ooit dit wat hy gedoen het justify nie. En daar dra hy nou die kruis vir sy oop gulp.

Maar vir jou om vorentoe te beweeg, om eendag weer liefde te vind, is dit belangrik dat jy nie deur hierdie gevoelens verteer word nie.

MIV-lyers kan lang, gesonde lewens lei. Kan jy imagine om byvoorbeeld nog 20 jaar met hierdie vuur van wraak in jou rond te loop?

Nee, wat. Judgment is veeleisend. Laat hy homself maar judge.

Deur hom te vergewe, doen jy hom nie ’n guns nie, jy verseker daardeur dat jy nie deur skuldgevoelens verteer gaan word wanneer hy die dag sterf nie.

Wanneer die graf hom die dag kom haal, sal daar nie meer ’n kans wees om hom te sê dat jy hom – ten spyte van sy dinge – vergewe nie.

’n Jollery in ’n huwelik of verhouding is een van daai dinge wat ongelukkig meer en meer sy lelike kop uitsteek.

Dit mors met mense se gevoelens. Dit breek die onskuldige party af en veels te dikwels is daar onskuldige kinders wat daaronder ly.

Jy maak geen mention van kinders nie, maar as daar wel is, hoop Antie dat julle albei sal seker maak dat hierdie kinders nie die gevolge van hul pa se los-zip-dae moet dra nie.

Hou moed, hou kop, maar seker die belangrikste van alles: Hou vas aan jou geloof.

Wees die beter mens en onthou: Maak nie saak hóé hierdie man jou getreat het nie, jul kinders sal jou judge op die way hoe jy hul pa op sy siekbed behandel het.

Wanneer hy die dag weg is, wil jy darem hê dat jy en die kinders nog heel is, sonder enige breuke.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters