19 dae gelede
Vrou met ’n goeie man bieg oor talle affairs
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

HAAI, al julle lekker mense!

Antie wil net gou ’n vinnige announcement maak.

Die WhatsApp-nommer waarheen julle jul briewe aan my kan stuur, het verander. Die nuwe nommer is nou 076 179 3010.

Maak asseblief in future van dié nommer gebruik. Maak ook seker dat julle lekker uitgebreide briefies stuur en nie kortes waarmee ek raai-raai moet speel nie.

Bly ook tog maar weg van boodskappe soos “Kan ek iets vra?” en sulke goete. Antie sal antwoord, ek promise. En hoe gouer jy tot die punt kom, hoe vinniger kry jy jou respons.

Moet tog ook maar nie die nommer in chat-groepe add nie. Vir ’n ou vrou soos ek is dit nogal uitputtend om elke keer groups te exit wat ek anyway nie gevra het om deel van te wees nie.

Antie hoop om spoedig van julle te hoor!

Liewe Antie Mona

EK EN my man is al jare vriende met ’n couple.

Ons kuier oor en weer en het ook al saam op vakansies gegaan.

Hulle is regtig baie nice, maar daar is een ding wat my baie pla.

Die vrou, RB, het in my confide en gebieg dat sy ’n buite-egtelike verhouding het.

Ek was geskok toe sy my daarvan vertel. As ek nou terugdink, wens ek sy het my liewers niks hiervan gesê nie.

Antie, sy het so ’n oulike man wat alles doen vir haar en die kinders.

Maar volgens haar kan hy nie sy man staan in die bed nie.

Sy sê sy het nie affairs met ander mans omdat sy nie lief is vir haar eie man nie, maar sy doen dit om haar behoeftes te bevredig.

Ek weet regtig nie wat om van die situasie te dink nie.

Vandat sy my gesê het, was ek so geskok dat ek nog nie eens my man hiervan vertel het nie.

Wat maak ’n mens in so ’n situasie?–  Bekommerd, e-pos

Vrou, dis voorwaar nie ’n lekker space om jouself in te bevind nie.

En ja, dis in tye soos hierdie waar jy wens dat die ander persoon nie in jou confide het nie.

Sy het dit natuurlik gedoen omdat dié geheim te swaar geraak het vir haar om te dra.

Maar dit is beslis nie fair dat jy nou deel gemaak word van iets wat nie suppose is om jou te raak nie.

Daar is geen rede op hierdie planeet wat ’n affair kan justify nie.

As haar man nie sy kant in die bed kan bring nie, is dit iets wat sy met hom behoort op te bring en saam hom kyk na die oorsake (maybe medies van aard) en na moontlike oplossings.

Om net jou eie behoeftes te consider, spreek vir my van selfsugtigheid, want daar word nie gedink aan die impak van haar optrede op haar man, haar huwelik en haar gesin nie.

Dis ook nie wys dat jy in stilswye hieroor moet wroeg nie. Onthou, twee koppe is beter as een.

Bespreek die situasie met jou man en besluit dan saam of julle enigiets omtrent die situasie gaan doen.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters