Verlede maand
Vrou mag net huis toe kom as man sê sy mag
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DIT is die eerste keer wat ek aan Antie skryf.

Ek en my man is vir die tweede keer getroud, nou reeds 10 jaar.

Ek werk weg van die huis af. Hy en ons jongste kind bly in die huis.

My probleem is ek mag net huis toe gaan as hy my bel en sê ek kan kom.

Dan hoor ek by vreemde mense dat hy ’n testament opgestel het sonder my.

Kan hy dit doen sonder my? –  Mev. Confuse

Sover Antie se karige regskennis strek, kan ’n volwassene ’n geldige testament laat optrek sonder om sy of haar spouse in kennis te stel.

Dit is dalk vreemd om nie jou partner for life van so ’n opgestelde testament te vertel nie, maar dis beslis nie onwettig nie.

Wat egter verskriklik baie alarmklokkies by Antie laat afgaan, is dat jy toestemming makeer om vir jou eie gesin te gaan “kuier”.

Dit klink dan vir my jy is eerder ’n gas wat moet wag op ’n invitation, as hierdie man se wettige vrou.

En dit laat my verder wonder wat of wie dan eers weggesteek moet word alvorens jy kan huis toe kom.

As hierdie man die opstel van ’n testament van jou weerhou, wat anders steek hy nie weg nie?

Antie voel jy moenie wag vir ’n invitation om jou man en kind te sien nie.

Gaan vir ’n slag unannounced huis toe – nie noodwendig net oor ’n naweek nie, maar sommer in die week.

Dan gaan kyk jy bietjie wat gaan daar aan wanneer jy nie in die omtes is nie.

Antie kan maar net nie die gevoel afskud dat hierdie man besig is met ’n hele paar dodgy dinge nie.

En wanneer jy so onverwags daar aankom, roer dan sommer die issue van die testament aan en hoor wat hy vir homself te sê het.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters