20 dae gelede
Vrou lê nes ’n baksteen tydens ons koue seks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou praat nou al twee maande nie met mekaar nie – en dit alles oor seks.

Antie, waar ek in die verlede die minste was en maar weer vrede gemaak het, gaan ek nie hierdie keer ingee nie.

Ek voel dat ek elke keer die een is wat net moet gee, gee, gee...

Sy ontvang net en doen niks van haar kant af om dinge tussen ons te verbeter nie.

Voordat ek haar ontmoet het, was ek ’n etter van ’n mens. Ek het dwelms gebruik en van die een vrou na die ander getoer.

Ek was niks anders as ’n manlike hoer wat oor niemand anders geworry het nie.

Toe ek haar ontmoet, het ek besluit om my lewe te verander.

Ek het finally iemand ontmoet wat die lewe vir my die moeite werd gemaak het.

Maar oor die jare het ek besef sy is ’n ontvanger; iemand wat alles wil hê en niks in return gee nie.

Die liefde is seker regtig blind, want toe ons nog gedate het, het ek nie dié dinge agtergekom nie.

Antie, ek het alles vir hierdie vrou gedoen – kos gemaak, die huis help skoonmaak (selfs al was ek moeg gewerk), kliphard gespaar vir vakansies weg ...

Soos wat my salaris oor die jare gegroei het, het ek selfs begin om geld maandeliks na haar rekening oor te plaas om dinge vir haar makliker te maak.

Ná ons eerste kind se geboorte 13 jaar gelede het die probleme begin.

Niggie was ewe skielik lui verby. Nie net met die huishouding nie, maar ook wat seks betref.

Toe ons nog gedate het, het ons basies elke aand seks gehad. Sommer drie, vier keer.

Toe die ring aan haar vinger is, het hierdie seks begin afneem. Eers drie keer ’n week en toe ál minder. Later was dit een keer ’n week, maar nou is dit een keer ’n maand as ek lucky is!

Ek kry my seks asof ek van ’n lysie afgetick word. Sy hou by die een keer ’n maand.

As ek haar vra vir seks, word daar gesug en dan lê sy net daar soos ’n baksteen met geen uitdrukking op haar gesig nie.

Die vrou maak nie eens ’n move nie. Lê net toe oë daar en wag vir my om klaar te maak.

Ek is agterna skoons spyt dat ek vir seks gevra het, want ek kon maar net so wel my hand gebruik het.

Ek is nou moeg vir hierdie k*k. Jammer vir die vloekwoord, Antie.

Een ding wat hierdie corona-virus my kom leer het, is dat die lewe kort is.

Ek kan regtig nie sien hoe ek vir die volgende 20 of 30 jaar wat ek miskien nog gaan lewe, in so ’n huwelik moet wees nie.

Ek het al alles probeer – romantiese naweke weg, met of sonder die kinders, romantiese etes weg van die huis, stoute onder­klere ... Niks help nie.

Praat help nie. Daar is al reguit vir my gesê sy is nie ’n hoer nie en sy sal nie die dinge doen wat ek voorstel nie.

Ek gaan nie meer stry en baklei nie. Daar is vroue wat van skok en ongeloof wil omval as hul man jol, sonder dat hulle besef of wil erken watter rol hulle in dit gespeel het. – Gatvol Man, per e-pos

Jou brief drup van die frustrasies wat jy nou al geruime tyd moet deurmaak.

“As die ring aan die vinger kom, gaan die bene toe,” is ’n grap wat Antie nou al ’n hele paar keer gehoor het.

Ek is seker dié woorde is vir jou en baie in jou posisie nie snaaks nie, maar die waarheid.

Hoekom sommige vroue dít aan hul man doen, sal niemand behalwe hulle kan sê nie.

Hoekom so ’n vrou byvoorbeeld haar man Voortrekkerweg toe sal jaag, sal net sy weet.

Van jou kant af klink dit asof jy uit jou pad gegaan het om dinge vir julle op te kikker. Sonder enige sukses.

Dit bekommer my dat ek nêrens in jou brief lees van liefde nie, so asof dit nie meer tussen julle bestaan nie en ál wat jy vir haar voel, is frustrasie.

Hier is ongelukkig nie ’n easy fix nie. Op jul eie gaan julle nie ’n oplossing kry nie.

Dit sal nie ’n slegte idee wees nie om vir huweliksberading te gaan sodat ’n derde party met ’n varser oog julle deur die vleeslike struikelblokke in jul huwelik kan guide.

Maak die voorstel en kyk wat sy sê. Hopelik is sy bereid om haar kant te bring voordat hierdie huweliksbootjie heeltemal sink.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters