Verlede maand
Vrou laat my al skoons soos seksmasjien voel
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK LEES altyd hoe veral die manne kla oor hulle te min seks kry.

Antie, ek kla ook, maar ek kan ongelukkig nie moan oor dit waaroor hulle kla nie.

My probleem is dat ek te veel seks kry. Ja, Antie het reg gehoor – te veel.

Hierdie is my vrou se tweede huwelik. My vorige vrou het ook so vyf jaar gelede in ’n motorongeluk gesterf. Ons het geen kinders saam gehad nie.

My huidige vrou se huwelik het weens ontrouheid gevou. Haar eks­man was ’n rokjagter wat met die een ná die ander vrou geslaap het.

Sy kon dinge later nie meer verduur nie en het geskei. Hulle het twee kinders saam.

Ek het hierdie kinders as my eie aanvaar, want hulle is tog deel van die package. Ons het ’n baie goeie verhouding en hulle is die lieflikste kinders.

Hul ma put my egter uit in die bed, Antie.

Ons is albei in ons vroeë 30’s. Ek het nog altyd gedink ek kan my man staan in die slaapkamer, maar nie met hierdie vrou nie.

Sy wil soggens vroeg voor werk haar pond vleis hê. Omdat ek op die pad werk, moet ek smiddae lunch-tyd by die huis aanmeld vir nog ’n sessie terwyl die kinders in die skool is.

Saans snork die kinders skaars, dan moet ek weer afgee.

Dit gaan al langer as ’n jaar so. Nou, Antie, watter man gaan nee sê vir seks? Maar so baie en dit sewe dae ’n week, non-stop?

Ek het met haar hieroor gepraat, want die vader weet, my meneer kan nie meer byhou nie.

Toe kom dit uit sy en haar vriendinne het hieroor gesels en hulle glo dat as ’n man genoeg seks kry, gaan hy nie na ’n ander vrou kyk nie.

Haar opinie is natuurlik ook gegrond op haar eks­man wat haar so gruwelik verneuk het.

Nou, ek het vir haar gesê ek is nie haar eks nie. Dat ek lief is vir haar, haar respekteer en dat daar nie eens ’n eina-stukkie van ’n gedagte by my is om ooit met iemand anders te slaap of haar te verneuk nie.

Sy het agterna gesê sy verstaan en sy glo my. Maar glo my, Antie, my elke-dag-duties het nie tot ’n einde gekom nie.

Ek voel al glad soos ’n masjien wat net ’n taak moet verrig.

Dit is iets wat gedoen móét word en daar is nou niks meer romanties omtrent dit nie.

Niks omtrent haar houding is vir my normaal nie.

Ek is te bang om seks te weier, want ek wil nie hê sy moet my beskuldig dat ek iemand anders sien nie.

Maar ek weet regtigwaar nie hoeveel langer ek deur hierdie sessies sal kan gaan nie. – Moeë Ryperd, e-pos

Dat jy al vir langer as ’n jaar so voos gemaak word, is klaar erg genoeg.

Antie kan nie glo dat jy so lank uitgehou het nie.

Ja, daar is seker nou baie mans wat jaloers sal wees oor al hierdie klompie binneboud-sessies wat jy kry, maar ja, Antie dink ook nie hier skuil veel van normale gedrag agter haar optrede nie.

Dié ewige obsessie om jou tenkie leeg te maak, spruit natuurlik uit die seer en verraad wat sy in haar vorige huwelik moes deurmaak.

Haar eksman het haar diep seergemaak en haar selfvertroue en vroulikheid verwoes.

Maar hier’s die realiteit: Dit maak nie saak hóéveel keer jy ’n man of vrou seks gee nie. As hulle wil cheat, sál hulle cheat.

Die hoeveelheid seks is geen waarborg dat jou partner se oog nie sal dwaal nie. Sommige mense het mos met daai dwalende oog en spulsheid die lewe ingekom.

Seks (hoe lekker dit ook al is) kan nooit ’n substitute vir trust wees nie. En dít is wat jou vrou moet sien.

Omdat sy dit nie kan sien nie en eintlik maar net maak asof sy verstaan wat jy sê, sal dit in jul geval beter wees om vir berading te gaan.

Jy kan nie uit vrees voortgaan om mee te doen aan dié extension van haar trust issues nie.

Jy gaan een van die dae met ’n brose leeu-loop loop en die gespot van kollegas moet verduur. Ons almal weet mos watse flou, onsmaaklike grappe kollegas kan maak. Veral tea-time.

Julle is aan’t bou aan iets moois en moet wraggies nie toelaat dat seks dinge vir julle kom deurmekaarkrap nie.

So, maak vroulief sit en wees eerlik met haar oor dié oordosis seks waarmee sy jou toegooi.

Remind haar weer aan jou liefde en lojaliteit en dat jy altyd daar sal wees vir haar.

Vra haar om te consider om saam jou vir counselling te gaan, want jy wil nie hê jul huwelik moet vou en dít oor te veel seks nie. Hopelik slaan sy dié keer ag op wat jy sê en besef dat haar gesindheid oor seks sal moet verander.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters