13 dae gelede
Vrou is nie ’n goeie voorbeeld vir haar tienerdogter
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK BLY in L in die Karoo.

Hier is ’n groot vrou wat met getroude mans deurmekaar is.

Sy het ook ’n tienerdogter

Antie, sy het geen respek vir haar meisiekind nie en as haar kind eendag dieselfde goed doen, moet sy nie haar kind wil doodmaak nie, want sy was mos self nie ’n voorbeeld vir haar kind nie. Karoonaar, per e-pos

Die voorbeeld wat ons vir ons kinders stel, kan hul toekoms maak of breek.

Antie wil glo dat enige ouer net die beste vir sy/haar kind wil hê maar ai, soms is daar maar ouers wat eenvoudig nie die groter prentjie sien nie.

Jy kan seker probeer om met hierdie ouer te praat, maar maak jou maar klaar vir teenstand en ’n groot geskel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters