22 dae gelede
Vrou hou steeds affair teen my ná al die tyd
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

ONS dogter is tans in matriek.

Dit gaan maar swaar met ons, want ek en my man het albei ons werke in die lockdown verloor.

Dit voel nou soos ’n gejaag teen die tyd om weer ander werk te kry, want ons kind wil volgende jaar verder gaan studeer.

Antie, ek lees altyd die briewe van die mense wat so kla. Daai mense ken nie van struggle nie.

Daar is geen dankbaarheid by hulle oor die dinge wat hulle wel het nie.

Hulle weet niks van saans wakker lê en wonder waar die volgende maaltyd vandaan gaan kom, of hoe jy gaan maak met die toekoms van jou kinders nie. Anoniem, SMS

Wat jy daar sê, is so waar! Baie van ons vat soms die dinge wat ons wel het, for granted.

Ons fokus so op die negatiewe en dit wat ons kortkom, dat die dankbaarheid vir die dinge wat ons wel het, heeltemal ontbreek.

Antie voel jul pyn en frustrasie. Daar is baie dae dat ek sê Covid kan gerus nou maar soos Rex gaan loop lê.

Sulke verwoesting het ek nog nooit in my lewe gesien nie. Nie net menselewens wat gevat word nie, maar ook mense se livelihoods.

Daar is baie ouers wat vandag nie hul honger kinders in die oë kan kyk nie.

Sulke magteloosheid kan enige mens breek. Antie wil jou egter bemoedig en daaraan herinner om nie moed op te gooi nie.

Hierdie swaar tye sal oorwaai. Daar is vier seisoene in die lewe. Dit kan nie net altyd winter bly nie.

Hou moed, hou aan glo dat dinge sal verbeter en hou aan om orals aansoek te doen vir werk.

Ek glo dat jul luck binnekort gaan draai. Alle sterkte!

Liewe Antie Mona

EK HET een Saterdagaand ’n grap gemaak by my vrou dat ons ons sekslewe moet opkikker.

Yoh, ek het nie geweet sy gaan my kop so afbyt nie.

Ewe skielik wou sy weet of ek lus is vir rond hoer en hoekom sy dan nie meer goed genoeg is nie.

Antie, ek het dit nie so bedoel nie. Dit was nie ’n grap nie, net ’n skimp, want ons is nog nie so oud nie en soms is dinge maar aan die flou kant in die slaap­kamer. Dit is nou ’n hele paar weke later en my vrou loop steeds dikbek rond.

Ek hoef seker ook nie te sê dat ek sedert daai Saterdagaand nog nie weer ’n stukkie gekry het nie. Afgeskeep, e-pos

Dis duidelik dat jou vrou jou “grap” nie as funny gesien het nie.

Daarvan getuig die droogte wat op jul bed neergedaal het.

Jong, hierdie is ’n sensitiewe saak wat jy eers goed moet deurdink voordat jy jou mond oopmaak.

Wanneer so ’n voorstel geuiter word, is dit ’n natuurlike reaksie van die ander party om te voel dat hulle nie goed genoeg is nie.

Nie elke vrou is ’n porn star in die bed, of het die begeerte om een te wees nie. Oor die jare het Antie al mooi uitgefigure dat mans ’n sekere tipe vrou in die bed verwag.

Met sulke verwagtinge kan jy ook disappoint word. Jy het baie om voor op te maak as jy wil hê die onweer in die slaapkamer moet opklaar.

Maak haar sit en verduidelik mooi aan haar dat dit geensins jou bedoeling was om haar te laat voel dat sy vir jou nie veel werd is nie.

Laat haar weet jy waardeer haar, is lief vir haar en dat dit nooit jou bedoeling was om haar gevoelens seer te maak nie. Hopelik vergewe sy jou een van die dae.

Liewe Antie Mona

EK HET jare gelede ’n affair gehad.

Dit is iets waarop ek nie trots is nie. Maar die dag toe my vrou my uitvang, het ek my dinge laat staan.

Dit was seker al vyf jaar gelede, maar tot hierdie dag moet ek nog elke dag hoor hoe sleg ek is.

Dis nie eens meer in my gedagtes om so ’n simpele ding aan te vang nie, maar ek word elke keer hieroor gekruisig. FS, e-pos

Hell has no fury like a woman scorned. Hierdie is ’n Engelse uitdrukking wat jy al moes gehoor het. Jy voel dit immers elke dag steeds aan jou bas.

Wat jy gedoen het, het jou vrou seergemaak. Diep seergemaak en soveel so dat sy ná al die jare steeds nie daaroor kan kom nie.

Sy het besluit om in die huwelik te bly en vir die sake van jul marriage, is dit belangrik dat sy closure vind en ’n manier kry om aan te beweeg.

Couples therapy sal glad nie ’n slegte idee wees nie, want deur dieselfde ou koeie, hoe seer dit haar ook al gemaak het, op te bring, gaan ’n kloof in jul huwelik veroorsaak. Die tyd het aangebreek vir julle om daai ou koeie in rus en vrede te laat. Jul huwelik is immers hier op die spel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters