Verlede maand
Vrou gee my nou al vir twee jaar g’n stukkie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS D van R en was nog altyd ’n player.

In my youth het ek gehop van die een verhouding na die ander.

Antie, ’n verhouding het nie lank by my gehou nie. As ek verveeld geraak het, het ek gou vir my ’n ander girl gekry.

Ek is nou 40 jaar oud – glad nie so oud nie – maar die alleenheid vreet nou aan my.

My reputasie het my ver vooruitgeloop, want die girls trust my nie meer nie.

Ek besef nou dat dit glad nie so kwaai was om ’n player te wees nie, want watter player wil dan alleen oud word? D van R, WhatsApp

Ja-nee, as jy jonger is, kan jy met jou karretjies speel, maar nie met meisies se harte en gevoelens nie.

Daar is nie een meisie of vrou op hierdie aarde wat vir ’n pop gevat wil word nie.

Ongelukkig sien almal jou steeds as die een wat harte breek soos wat hy lus het.

Dit gaan omtrént convincing vat om hulle anders te oortuig, maar Antie is seker dat as jou hart en intensions goed is, gaan dit wel later raakgesien word.

So, gee jouself en die meisies die tyd om te sien dat jy ’n changed man is. Jy het mos darem nog tyd aan jou kant.

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou het al vir twee jaar nie seks nie.

Sy het eendag net besluit dis iets wat ons nie meer hoef te doen nie. Daar is nie enige redes vir my gegee nie.

Ons albei is in ons vroeë 50’s en daar is glad nie enige rede hoekom ons sekslewe net tot ’n einde moes kom nie.

Aan die begin het ek probeer verstaan en myself wysgemaak dat dit net ’n fase is waardeur sy gaan. Maar hierdie fase is volgende maand twee jaar oud.

Ja, ek tel nie maande nie, want om eerlik te wees, is ek al bitter lankal lus vir ’n stukkie.

As ek haar vra wanneer ons dan weer stout gaan wees, dan praat sy die storie net dood.

Ek is moeg daarvan om so in die stilte te suffer. Om op my vrou te cheat is nie ’n opsie nie, want met alles waardeur sy my sit, bly ek steeds lief en getrou aan haar.

Hoe spreek ek die onderwerp met haar aan sonder om net nóg probleme te skep?

My vrou het ’n bietjie van ’n humeur en die wind kan net skeef waai, dan wip sy haar.

Ek weet ek sal nie langer hieroor stil kan bly nie, maar ek wil ook nie ’n onenigheid tussen ons veroorsaak nie.

Ons kinders is al groot. Hoekom kan ons dan nou nie meer tyd vir mekaar en ons intieme lewe het nie? – Anoniem, e-pos

Wat ouderdom betref, is albei van julle nog in die prime van jul lewe.

Met die kinders groot, vet en fris versorg, behoort dit obviously meer tyd vir julself te skep.

Vroulief kan nie net so ’n bom op jou drop en verwag dat jy met hierdie eensydige besluit van haar tevrede moet wees nie.

’n Gebrek aan ’n seksdrang kom algemeen onder ons Eva-geslag voor. Dit kan in die laat 40’s of in die 50’s inskop soos wat die menopause-duiwel sy kop uitsteek en wanneer daar changes in die estrogeen-vlakke plaasvind.

Ook in die mediese wêreld is daar hypoactive sexual desire disorder (HSDD) wat vroue van alle ouderdomme kan affekteer waar ’n lus vir binneboud lê eenvoudig net disappear.

Baie beslis nie goeie nuus vir die arme man in die verhaal wat nie weet wat hom getref het nie.

Dikwels word dit erger gemaak deurdat hierdie moontlike redes nie aan hom gekommunikeer word nie.

Antie sê altyd as jy vir jare getroud is met iemand en oor die jare nie meer skaam raak oor ’n poepie of twee nie, is daar geen rede dat fisiologiese veranderinge binne die body ’n staatsgeheim vir jou man hoef te wees nie.

Ouderdom is ’n doring in die vlees vir vroue en mans wat oor die jare nie meer die hunk en hunk-dinne in die bed kan wees nie.

Bollewange of irritasies met windrigtings of te not, sal dit nie ’n slegte idee wees om ’n gesprek met jou vrou hieroor aan te knoop nie. Laat haar weet jy gee om, dat dit nie net hier oor lus gaan nie, maar dat jy uit concern graag sal wil weet presies wat skort.

Hopelik maak sy oop teenoor jou – in more ways than one. Iets wat jou en jul bed springs baie happy sal maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters