15 dae gelede
Vrou dreig om te loop oor hubby se kinders oorvat
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS Miss B en ek bly by my boyfriend.

My man en sy vrou is albei dood.

Ek het my eie plek gehad, maar dit toe verkoop omdat my boy­friend, DJ, gesê het ek moet by hom kom bly.

Antie, ons verstaan mekaar en is baie lief vir mekaar. Sy kinders is die probleem.

Hy het vyf kinders en ek het vier van my eie. Drie van sy kinders is al getroud.

Die twee van 20 en 26 bly nog by hom. Een van sy getroude dogters bly agter in die jaart, maar sy is baie in ons sake.

Die 26-jarige seun is op drugs en die 20-jarige is die meeste van die tyd by haar boyfriend.

My oudste dogter bly by my ma in N, maar die ander bly by my, want hulle gaan nog skool.

Antie, ek is baie lief vir DJ, maar hy sê die huis is die kinders s’n, want dit was hul ma se huis.

Hy sê ook trou moenie ’n gou-ding wees nie, want daar moet geld wees vir ’n regte troue.

Ek het al gedreig om te loop, want sy getroude kinders kom hou by die huis paartie wanneer hy weg van die huis af werk. Wat staan my te doen, Antie? – via WhatsApp

Deesdae is dit dan die goedkoopste ding om te trou; weens corona mag jy mos nie baie gaste nooi nie.

Vrou, al hierdie komplikasies moes jy gesien kom het voordat jy jou plek verkoop en by hom ingetrek het.

In daai huis gaan jy altyd soos ’n buitestander voel, want omdat dit hul huis is, gaan DJ se kinders daar in en uit wees.

Slegs as julle ’n plek van jul eie kry, sal jy en jou kinders die rus en vrede kry wat julle verdien.

Die huis gaan anyway eendag na sy kinders toe, of julle nou trou of nie. So, wat gaan daar te erf wees vir jou kinders?

Eiendom is ’n bate wat van die een generasie na die ander oorgedra kan word.

Dis wat jy in die eerste plek met jou huis moes gedoen het.

Geld kom en gaan, soos jy agtergekom het. Jy is unhappy met jou setup. DJ gaan nie van sy kinders afstand doen nie. Some­thing’s got to give, so, wat gaan jy maak?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters