Verlede maand
Vrou bang sy kry weer seer
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

AS DIT by mans kom, het ek al baie seergekry.

Ek is al so lank sonder ’n man, maar nou wil ek graag ’n ou hê wat my wil hê.

Maar ek is so bang hy doen ook aan my wat die ander ou gedoen het. Ek is so bang hy skend weer my vertroue.

Wat moet ek doen, Antie? Moet ek die ou ’n kans gee?

Dit is egter nie so maklik soos wat dit klink nie.

Ek sal graag wil weet wat Antie hiervan dink. – Bang Meisie, Whats­App

Om weer vertroue in iemand te kry, is baie beslis makliker gesê as gedoen.

Om weer jou hart aan iemand te gee sonder die vrees dat hy met jou trust en gevoelens gaan mors, is moeilik.

Nie een van ons is egter in hierdie lewe gevrywaar van hartseer en teleurstellings nie.

En vir elke idioot wat met jou feelings en trust mors, is daar tientalle ander outjies wat die moeite werd is.

Dit klink vir Antie daar is iemand wat sy oog op jou het, maar dat jou vrese jou terughou.

Begin deur dinge rustig te vat. Jy hoef nie sommer net in ’n verhouding met hierdie ou te spring nie.

Vriendskap is ’n baie goeie platform vir enige verhouding.

So, as julle eers net vriende kan wees en dinge dan van daar af kan vat, behoort jy van daar af ’n myl ver te kan sien indien daar enige problems op pad is.

Die truuk is om voortdurend te probeer en te glo dat jy wel eendag Die Een gaan vind wat jou onvoorwaardelik sal liefhê en wat nie tyd het vir speel, lieg en bedrieg nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters