Verlede maand
Vriendin hop van man tot man ná break-up
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n vriendin wat van die een man na die ander hop.

Nadat haar kind se pa haar gedrop het, is sy soos een wat miere het. Sy boer nou by kuierplekke en haar seuntjie van vyf ly daaronder.

Ek weet nie hoe om dit met haar te bespreek nie. Sy is ’n lieflike mens, maar ek voel net dat sy besig is om haarself weg te gooi. Bekommerde Vriendin, SMS

Antie voel dat jy as ’n vriendin die reg het om die situasie met haar te bespreek.

Laat haar verstaan dat jou kommer uit ’n plek van omgee spruit, dat jy daar vir haar is en nie wil sien dat sy haar lewe wegsmyt oor ’n man nie.

Hierdie is natuurlik haar manier om met die seer te deal, maar dit gaan haar niks in die sak bring nie. Behalwe dalk ’n slegte reputasie.

En verder is daar ’n kind waaraan sy ook moet dink. ’n Kind wat anyway nog nie lekker verstaan hoekom sy mammie en derra nie meer saam is nie. Wees daar vir haar en help haar deur hierdie moeilike tyd.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters