Verlede maand
Vriendin cover vir ou as hy naweke gaan jol
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n vriend wat jol en ek weet nie meer hoe om met die situasie te deal nie.

Antie, die man is getroud met ’n pragtige vrou. Hulle het drie kinders.

As hy sy ding oor ’n naweek gaan doen, is ék sy back-up-verskoning, want as sy vrou my whatsapp en vra of haar man saam met my was, dan moet ek sê dit was so.

Aan die begin het ek nie issues daarmee gehad nie.

Ek en my pel kom al jare saam en is al van hoërskooldae buddies. Maar lately begin ek al hoe meer skuldig voel.

Sy vrou nooi ons oor om oor ’n naweek daar te kom braai, maar ek bly verskonings maak, want ek kan haar nie meer in die gesig kyk nie.

My vriend lê en hoer in hotel­kamers – elke keer met ’n ander vroumens wat hy op dating sites kry, en ek is die een wat vir hom moet cover.

Antie, ek het al vir my vriend gesê hy moet ophou om my as sy alibi te gebruik, maar hy het nie ore nie.

Antie, ek value ons vriendskap, want ons kom deur dik en dun.

Hoe kan ek hom sover kry om nou te begin man staan vir sy eie dinge? – Bekommerde Vriend, per e-pos

Liefie, wat jy eerstens baie mooi moet besef, is dat julle lankal nie meer op hoërskool is nie.

Hy is nou in die hoerskool – die een sonder ’n deelteken – en jy hoef nie meer te deel in die goed wat hy aanvang nie.

Antie is bly om te hoor dat jy ’n gewete het en sleg begin voel oor die dinge wat hierdie vriend van jou aanvang.

Wat hy doen, is glad nie mooi nie. As hy egter sleg wil wees, moet hy alleen staan vir sy sleggeit.

Kry jou so gou moontlik hier uit. Selfs al beteken dit die einde van jul vriendskap.

Hierdie is anyway nie vriendskap nie. Hierdie is meer van ’n understanding waar een ou die ander een se loyalty uitbuit vir sy eie benefit.

Met vriende soos hierdie het jy nie ’n hoër- of hoerskool in jou lewe nodig nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters