Verlede maand
Vervreemde vrou vry voor my met kollega
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS baie bekommerd.

Antie, ek het ’n healer gebel en jy moet oor die R2 000 gee, dan kry jy enige bedrag geld wat jy vra.

Ek het dit toe gedoen en die Dok het die geld geneem. Sy het my ’n wit kraal gegee en gesê ek moet dit vir vyf tot tien ure in my handsak sit. Dan sal die geld daar wees.

Ek het toe so gemaak, die tyd afgewag en toe in die handsak gaan kyk, maar niks maak nie.

Ek bel toe weer die Dok en sy vra hoeveel geld het ek. Ek het oor die R3 000 op my gehad.

Sy sê toe ek moet die geld in my sak sit en in my kas sit. Die Maandag toe kry ek ’n snaakse gevoel en gaan kyk in die kas.

Die geld was toe weg en daar is net toiletpapier wat in koerantpapier toegedraai was.

Dit het gelyk of dit geld kon gewees het. Hoe maak ek nou? – Anoniem, SMS

Nou gaan jy op jou knieë en jy bid vir verstand. Jy het meer as R5 000 gehad wat nou gone with the wind is.

Daar is nie ’n magic potion of kraal wat jou geldsake kan verbeter nie.

Geen sogenaamde Dok is in staat om jou geld te vermeerder nie. As dit die geval was, was hulle die rykste mense op die planeet met al hul rykdom vermenigvuldiging en Lotto jackpots wat hulle gewen het.

Dié mense is gewetenlose con artists wat op goedgelowige mense soos jy teer.

Antie hoop dat dié les jou oë laat oopgaan het. Ek twyfel egter, want nêrens in jou SMS wil dit voorkom asof jou kloutjie en oor nou ooreenstem nie.

In vandag se tyd is dit absoluut ’n sonde om nog deur dié mense uitgevang te word.

Van hoeveel ander se ordeals wil jy dan eers in die koerante lees voordat jy besef dié is niks anders as ’n bedrogspul nie?

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou is nou al byna vir twee jaar van bed en tafel geskei.

Ons deel egter nog ’n huis, want nie een van ons kan bekostig om na ’n ander plek toe te trek nie.

En nou met dié ding van Covid, is familie nie juis gretig om blyplek te verskaf nie.

Daar was nog altyd die hoop dat ek en sy weer versoen sal raak. Ons is immers op ’n simpel wyse uitmekaar. Sy het my van cheating beskuldig. Dit is nie so nie, maar sy het dit vas geglo en dinge tussen ons het net suur geraak.

Maar vir die laaste paar maande is hier dan nou ’n kollega van haar wat saans hier kom kuier.

Ek het die man al gesien vroeg­oggend uit haar kamer sluip. Dit be­teken mos dat hy oorgeslaap het.

Toe ek haar konfronteer, toe moet ek hoor: Ja, dis haar lewe en sy kan maak wat sy wil.

Dit is die laaste ding wat ek verwag het, want soos ek gesê het, was die hoop altyd daar dat ons dinge sal kan uitstryk.

Ek het uitgevind dié kollega van haar is getroud, maar sy glo vas hy gaan skei.

Hy kom nou gereeld hier, maar lyk na ’n dodgy karakter wat net hier uitsteek as dit donker word.

Dit is nie ’n lekker gevoel om te sien hoe die vrou vir wie jy lief is en wettig nog mee getroud is, skaamteloos voor jou met ’n ander man vry nie. – Hartseer, e-pos

Maar vir wat sal jy dan jouself so laat vermaak, ge­nade!

Dit is glad nie nodig om jou deur dié beelde van jou vrou se egbreuk pleeg te laat torture nie.

Hierdie is krake in jul huwelik wat glad nie meer toegepleister kan word nie.

Die beste early Krismis-geskenk wat jy nou al vir jouself kan gee, is om van dié vrou te skei.

Sy hang anyway nog net rond vir hom om sy egskeiding-belofte na te kom.

Maar as hy al klaar iemand is wat net in die donkerte uitsteek, klink hy na daai soort wat hom net uitkuier en dan die pad vat.

Dan wil sy met valse trane en kamma jammerte kom en smeek dat julle aan jul huwelik moet werk.

Dít terwyl sy vleeslike nice times met ’n ander man onder jul dak gehou het.

Jy kry liefde, en dan kry jy common sense.

Dit is Antie se hoop dat jou gesonde verstand jou sal wysmaak dat jy vir ’n groot pop gevat is en uit dié huwelik moet kom.

Of wil jy maar nog rondhang om later net weereens vir ’n fool gevat te word?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters