Verlede maand
'Vader van die nasie' betaal nie vir sy kinders
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS P van J en het vier kinders van Mr. J.

Hy het nog nooit sy kinders onderhou nie. Hoe moet ek maak?

Hy betaal die ander kinders wat hy het, maar gee niks geld vir die kinders wat hy by my het nie.

Ek weet ook nie waar hy bly nie. – P van J, WhatsApp

Antie kry dan nou die idee die pa van jou kinders is eintlik ook die vader van die nasie. Hoeveel kinders het hierdie man dan?

Hoe dit ook al sy, wat hy aan jul kids doen, is nie reg nie.

As hy dan nie uit decency en ’n verantwoordelikheidsin sy plig wil nakom nie, sal ’n hof hom daaraan moet remind.

Jy moet hierdie man se slapgattigheid nie langer entertain nie.

Gaan na jou naaste hof se maintenance-afdeling en kry daai papgeld-wiel aan die rol.

Dis ’n proses wat soms onnodig lank kan draai, maar aan die einde van die dag gaan jou kinders kry wat hulle toekom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters