Verlede maand
Tyd weg van eks maak haar net liewer vir hom
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona­

EK WIL weet of dit normaal is om ’n gevoel vir jou eks te hê.

Ek mean maar, Antie, ons is nou al agt maande uitmekaar, maar ek raak net liewer en liewer vir hom.

Hy weet hoe ek oor hom voel, Antie. Ek huil letterlik oor hom. Ons het ’n moeilike verlede saam, maar dit het my gevoelens en liefde vir hom net sterker gemaak. – Hartseer Eks, Whatsapp

Daar is nie ’n remote control waarmee ’n mens gevoelens kan beheer nie.

Net so kan jy jou feelings vir jou eks nie sommer aan- en af-switch nie. Dit vat tyd om oor iemand te kom, veral iemand vir wie jy nog baie lief is.

Jy brei nie uit oor die redes vir jul break-up nie.

So, Antie kan nie veel in daai verband sê nie.

Jy het hierdie eks gesê hoe jy steeds oor hom voel, maar dit klink nie of hy ’n move gaan maak of van plan is om ’n move te maak om weer bymekaar te kom nie.

So, gee jouself tyd. Gee jouself die opportunity om hartseer te voel oor die verbrokkeling van hierdie verhouding.

Tyd is die beste geneser, beter as enige sangoma.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters