2 maande gelede
Trouring steek stokkie voor warm sekslewe
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou kom nie meer oor die weg nie.

Eers het ek gedink dis iets wat ek maar kan laat slide, maar Antie, my geduld is op.

Toe ek en my vrou getrou het, was ons sekslewe goed. Sy kon nie genoeg van my kry nie.

Antie, ons het dag en nag seks gehad. Jinne, ons het sommer laat gewerk om soggens ook nog te kon seks.

En verder was ons die beste van vriende en kon lekker uitgaan en mekaar se geselskap geniet het.

Maar toe trou ons. Groot fout. Ek sê groot fout, Antie, want dinge was nie meer dieselfde toe ons trou nie.

Ek sit nou opgeskeep met ’n vrou wat my nie happy maak nie. Sy maak my lewe hel, probeer my regeer met ’n ysterhand en is eenvoudig nie iemand met wie ek my die res van my lewe kan sien spend nie. Ongelukkig, Whats­App

Die lewe is vol ups en downs. So ook die huwelik.

Moenie vir jou laat flous deur mense wat voorgee dat dinge so lekker vir hulle verloop nie. Ons almal het maar kruise om te dra.

Dis ’n moeilike situasie waarin jy jouself bevind, maar ál wat moontlik ’n verskil kan maak, is kommunikasie.

Verduidelik aan jou vrou hoe jy voel. Hopelik kan so ’n gesprek jou meer klarigheid gee oor die pad vorentoe.

Liewe Antie Mona

EK HET ’n affair gehad en my vrou weet dit.

Dit was so drie jaar gelede en ek het dit toe stop­gesit om my huwelik te red.

Ek was eerlik met my vrou hieroor en ons het dinge uitgepraat.

Of so het ek gedink. Fast forward drie jaar en ek sit opgeskeep met ’n verbitterde vrou wat my nie vertrou nie.

Die vrou met wie ek getrou het, vertrou my nie meer nie.

Ek moet oor elke liewe ding in my lewe verslag doen en as ek net durf waag laat by die huis kom, moet ek hoor ek het weer rondgemors.

Antie, ek is tot in my siel in moeg. Ek moet werk en geld in die huis inbring, maar ek word nie waardeer nie.

Ek kan nie verstaan waaroor alles gaan nie. Ek kan nie verstaan wat ek in hierdie lewe gesondig het om alles te verdien wat ek nou kry nie.

Die ergste van alles is dat ek nou moet pretend dat alles hunky-dory is.

Voor haar familie is sy die liefdevolste mens, die een wat net niks verkeerd kan doen nie.

Ons is albei suksesvol in ons werk en kry nie swaar nie.

Maar ek kry swaar onder hierdie vrou en wonder elke liewe dag of alles nog die moeite werd is.

Ek dink aan die kinders wat nie verdien om in hierdie gemors vasgevang te wees nie. Diep Ongelukkig, WhatsApp

So, die vraag is natuurlik wat jou gelukkig gaan maak.

Kyk, alles in die lewe het perke en soos wat dit vir Antie lyk, het jy jou perke bereik.

Jy het jou affair gehad en jou vrou weet daarvan. Nie net weet sy daarvan nie, maar het verkies om dit agteruit te skuif om aan jul huwelik te werk.

Of so was die intention, maar sy het duidelik nie oor die infidelity gekom nie.

Wat ook duidelik is, is dat hierdie ’n kwessie is wat julle nie op jul eie gaan uitsorteer nie.

In so ’n geval sal dit dan nie ’n slegte idee wees om dalk berading te oorweeg nie.

Geen steen moet onaangeraak gelaat word om hierdie huwelik te red nie. Eers as álle avenues explore is, kan daar na alternatiewe planne van aksie gekyk word.

Liewe Antie Mona

EK EN my meisie is nou al twee jaar saam, maar sy verstaan my nie.

Ek mag nie na my vriende gaan nie, dan het sy ’n probleem. Nooi ek haar saam, dan het sy verskonings, maar wil dan die volgende dag sê ek worry nie van haar nie.

Dinge is fine as ek met háár vrinne kuier, maar as my tjommies uitsteek, dan swel haar wange.

Hoe kry ek haar sover om my vriende ook te aanvaar? Desperaat, WhatsApp

Jy kan nie in ’n verhouding wees om die ander persoon te verander nie. Óf jy aanvaar die volle package, óf jy move aan.

Dit kan ook nie so wees dat net een party sy of haar sin kry nie, want op die duur gaan dit probleme tot gevolg hê – soos wat jy tans ervaar.

Praat met jou meisie hieroor. Probeer uitvis presies wat haar probleem is.

Probeer tot ’n vergelyk kom, want as julle nie hierdie issue kan oorbrug nie, gaan dit tot spanning en eventually die einde van jul verhouding lei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters