18 dae gelede
Tikkop-eks skeep ons kindjie baie lelik af
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J van CN en sit met ’n groot probleem.

Antie, ek weet nie meer wat ek kan doen oor my meisie wat nie wil hê dat ek ons kind moet sien nie.

My meisie tik. Dit is dan ook die rede hoekom ons uitmekaar is, want ek was moeg van al ons gestry.

Alles wat ek vir ons kind gekoop het, het sy in die pan gesit.

Van kimbies en melk, tot sy kleertjies. Ek het gepraat, geraas en geskel, maar niks maak nie.

Ek kon dit nie meer vat nie en het dinge met haar beëindig. Toe kom die drama.

Hoewel ek steeds my kind support, mag ek hom nie sien nie. Nie eens onder toesig as haar ma-hulle by die huis is nie.

As ek al by die hekkie aankom, word ek stink uitgeskel en soos ’n hond weggejaag. Nie net deur haar nie, maar haar familie ook.

Haar ouers versterk haar in haar kwaad. Hulle weet sy tik en verwaarloos die kind, maar hulle wil niks oor hul dogter weet nie.

Ek en my ouers was al by hul huis om die saak uit te praat, maar daai mense is net op skel uit.

Dit breek my hart om nie ’n verhouding met my kind te het nie, Antie.

Ek moet maar by ander mense hoor hoe vuil en afgeskeep is hy.

Ek kan nie glo dat sy ma dit aan hom doen nie.

Ek hoor sy is nou met ’n ander mert deurmekaar en kyk nou nog minder na ons kind.

Hierdie mert het ’n slegte reputasie in ons dorp en is ’n gevaarlike ou.

Wat kan ek aan die situasie doen? My kind verdien beter.

Sy ma was nie altyd so nie, maar vandat sy met drugs deurmekaargeraak het, het haar lewe skeefgeloop.

Ek gebruik niks drugs nie, rook nie en vat net nou en dan ’n drankie.

Maar vandat hierdie drama begin het, is my lewe nie lekker nie.

Ek wens net daar was ’n manier hoe ek my kind uit daardie huishouding kon red. Desperate Pa

Liefie, dit is kommerwekkend wat op die oomblik in jou kind se lewe aan die gebeur is.

Van wat jy vertel, is daar nie veel goeie memories aan die bou vir jou seun nie.

Die goeie nuus is egter dat jy wel iets aan die saak kan doen.

As pa het jy regte. Ook die reg om seker te maak dat daar goed na jou kind omgesien word. En omdat dit nie die geval is nie, moet jy jou nou tot die welsyn en die hof wend.

Dit is tyd dat jy jou kind uit daardie meisie en haar familie se kloue kry.

Jou geld word anyway nie vir die kind gebruik nie maar vir hulle om hul mond oop te hou.

Nader jou naaste social worker met al die bewyse van abuse wat jy in die hande kan kry. Laat sy of hy ook onverwags ’n besoek by jou kind se huis aflê en ’n verslag saamstel waarmee jy die hof mee kan nader.

Doen dan by die kinderhof aansoek om volle toesig oor jou kind.

As die hof ook bevind dat jou kind verwaarloos, afgeskeep en eintlik maar abuse word, kan toesig aan jou toegeken word.

Gewoonlik lees ’n mens van pa’s wat so sleggat is, maar hierdie sleggat ma kan nie veel langer toegelaat word om met haar dinge weg te kom nie.

Wikkel asseblief nou sodat jy jou kind so gou as moontlik by jou en in ’n stabiele huishouding kan kry.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters