24 dae gelede
Tienermeisie dik verlief op onbeskofte jong
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 17 jaar oud en is dik verlief op ’n ou van 23 jaar oud.

Ons het aan die begin heel verlief gechat soos outjie en meisie.

Ek het alles geglo wat hy vir my gesê het, maar op die ou einde het hy my begin treat asof ek ’n hond is. Hy is heeltyd onbeskof en chat kortaf.

Dít nadat hy vir my gesê het dat hy my baie like en ook gevra het waar ek al die tyd was, want hy soek lankal ’n meisie soos ek.

Nou is hy heel rude en het glad vir my gesê ek moet hom block en delete.

Hy sê soema dat hy stories van my gehoor het wat nie eens waar is nie.

As ek hom langs die pad kry, moet ek maar ’n gesig opsit en smile.

Ek is so verlief op daai jong dat ek die ander outjies afgeskeep het om heeldag met hom te chat.

Ek het glad my ma vertel van hom.

Dink Antie daar is nog ’n kans vir ons? – Verliefde Meisie, Whatsapp

Meisa, sien jy dan nou regtig kans vir ’n ou wat so rude met jou is en agter stories aangaan?

Antie weet nie wat jou ma te sê gehad het toe jy haar van hierdie ou vertel nie, maar ek dink hy is anyway te oud vir jou.

In hierdie moeilike jaar wat ons almal tans deurmaak, is dit beter as jy vir nou fokus op jou hectic skooljaar.

Tyd vir outjies sal daar wel eendag wees. Hierdie ou het jou spesiaal laat voel en jou laat glo dat julle ’n kans staan.

Soos jy nou agtergekom het, is jy seker net een van vele girls wat hy só charm.

Nes daar maar ander outjies is met wie jy ook chat.

Hou dit maar liggies. Jy is nog veels te jonk vir ernstige feelings.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters