Verlede maand
Threesome neuk toe my huwelik heel op
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL vandag ’n ervaring van my deel met veral mans wat so behep met three­somes is.

Antie, hopelik sal dit hul oë laat oopgaan dat hulle besef daar is eintlik niks lekkers daaraan nie.

Ek en my man is reeds nege jaar getroud en ek het nog altyd geglo ons sekslewe is goed.

Ek mean maar, die man kry nooit honger nie en hy kry sy vleis op sy tyd, as Antie weet wat ek bedoel.

Albei van ons was maar nog altyd adventurous in die bed en nie een van ons twee is skaam om nuwe dinge te probeer nie.

Tot die dag dat hy met sy three­some-idee gekom het ... Ek sal nooit die datum vergeet nie: 13 Februarie 2018. Nogal ’n dag voor Valentynsdag.

Ek het eers gedink hy maak ’n grap, maar het gou besef hy is ernstig.

Gou het ek ook agtergekom dat hy klaar iemand in gedagte het: Een van my vriendinne.

Ek was skepties en was nie juis keen nie, maar my man het nog altyd die vermoë gehad om baie convincing te wees.

Hy het gesê hy sal sommer met die vriendin praat, want sy en haar man is uitmekaar.

Sy woorde aan my was: “Sy is seker ook al lekker lus vir ’n wors.”

Diep in my hart het ek gewens dat my vriendin nee gaan sê, maar tot my verbasing het sy ingestem.

Die kinders is toe ’n week of so later na hul ouma en oupa gepos, sodat die grootmense kon “kuier”.

Veel van ’n kuier was dit daardie aand nie, want toe my man ’n paar doppe in het, toe raak hy haastig.

Ek het nog gegiggel en gegrap, maar hy was doodernstig.

Ons al drie is toe slaapkamer toe, waar my man sommer toe eerste uit sy klere uit is.

Toe gebeur ’n vernederende ervaring wat my nóú nog bybly: My man het toe dan meer tyd vir hierdie vriendin.

Antie, ek was eintlik maar niks anders as ’n spectator nie.

Dit het vir my gevoel die ander twee is nie eens bewus van my bestaan nie. Daar is skaars aan my gevat.

Ek het maar opgestaan, aangetrek en verder my drankie gaan geniet. Hulle was lank besig en het my later kom opsoek.

My man was toe baie verskonend en sê toe hy was so horny dat hy skoon van my vergeet het.

Ek kon nie die gevoel afskud dat hulle twee eintlik maar lankal agter mekaar aan was nie en ek het hulle gevra of dit so is.

Natuurlik het albei dit ontken, maar sedert daardie dag is niks eintlik meer dieselfde in ons huwelik nie.

Ek en my vriendin is ook nie meer so close soos voor die ervaring nie.

Sy bel nog en wil kuier, maar ek maak maar altyd verskonings. Antie, ek voel my man het my gebruik. Ek voel dit was hoeka maar sy plan om my vriendin by te kom, maar dat hy dit met my “goedkeuring” wou doen.

Ons sekslewe is ook nie meer watwonders nie, want as ons die daad doen, kom die beelde van hom en my vriendin by my op.

Dit voel vir my my huwelik is besig om uitmekaar te val en dat dit my nie eens so baie pla nie.

Is dit verkeerd om so te voel? Ek voel verraai deur my man. – Ontnugterde Vrou, E-pos

Baie se fantasie is geskoei op wat hulle veral in daai blou, pers of wat ook al kleur movies gesien het.

Die realiteit is egter dat daar baie meer komplikasies betrokke is.

Kyk, veral seker maar vir mans klink so ’n groepwoeps na die wonderlikste seks ooit.

Maar soos wat jy self agtergekom het, is daar altyd iemand wat afgeskeep word.

Van wat Antie uit jou brief kan aflei, het jou man nie eens moeite gedoen om aandag aan jou te skenk nie. En ja, laat ons nou maar eerlik wees: Dit blyk hy was anyway agter hierdie vriendin van jou aan en dat sy game was, want hoekom het sy so gou ingestem?

Hy het sy lustige tydjie gehad, maar nou sit julle met groot probleme in die huwelik. Probleme wat nie gaan verdwyn nie. Krake wat net groter en groter gaan raak, totdat jul huweliksmure muf van ál die troubles.

Die olifant in jul slaapkamer kan nie geïgnoreer word nie.

Dit klink nie asof julle al ooit die ding uitgepraat het nie. Antie kry die idee dat jou man nie weet hoe seergemaak en ontnugter jy steeds ná drie jaar voel nie.

Die enigste way hoe jul huwelik ’n kans op survival gaan hê, is as jy die kwessie aanroer sodat julle die impak van daai aand kan bespreek en oplos.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters