Verlede maand
Sy’s so boring in die kooi soos ’n silent movie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK KAN my mos verkyk aan mense wat hul Hop-huise so verkoop.

Ek bly al 25 jaar in my huis in W en weet van mense wat hul huise verkoop het en nou op straat bly.

Dan wil hulle die regering die skuld gee vir hul omstandighede.

Ek kan dit regtig nie verstaan nie. – Inwoner van W, WhatsApp

Antie is seker daar is baie ander wat jou sentiment deel. Daar is nog nie ’n Panado op die mark vir dié behuisingskopseer wat in ons land heers nie.

Daar’s hordes wat smag na ’n ordentlike dak oor hul kop, maar dan is daar ander wat dié “verniet-huisies” verkoop en dan agter in iemand se jaart gaan bly waar hulle met elektrisiteit en toiletgeriewe vermaak word.

Ongelukkig is dié ’n tendens wat nie gou gaan verdwyn nie.

Daar is diegene wat maar hul les op die harde manier moet leer.

Liewe Antie Mona

VIR 15 jaar van getroude lewe ken ek net een style in die slaapkamer. Ek’s seker daar is ander manne wat hiermee kan relate – ’n vrou wat net op haar rug wil lê en dan nog so dood soos ’n mossie is. Niks van geluide of moves maak nie.

Baie kere voel dit dieselfde as om in een van daai silent movies van ouds seks te hê.

En praat net daarvan, dan moet ek hoor sy is nie ’n hoer nie. Dan bly die poorte van die hemele sommer vir weke toe.

Eers wanneer daai wange weer begin sak, gaan die bene weer oop.

As man verstaan ek dat seks nie alles in ’n huwelik is nie. Maar is dit dan nie veronderstel om een van die lekkernye van die huwelik te wees nie?

Hoekom is dit dan soos ’n job vir baie vroue? As jy nog jonk is en date, dan is hulle baie gewillig, maar as die trouring aan die hand pryk, dan slaan die bene toe en dan is die sekslewe onder sensuur met ’n suur smaak in die man se mond.

Ek vat maar wat ek kry, maar dis ’n pyn om te weet dat ek nog jare lank met dié boring seks tevrede moet wees.

Gelukkig is die man wat nie in hierdie bootjie roei nie, maar hoewel nie veel mans hieroor praat nie, glo ek dat daar baie daar buite is wat soos ek voel.

Vrou, ons bly lus en lief vir julle, want julle maak ons lus vir julle en g’n ander vrou nie. Nie alle mans is luigat wetters wat nie wil werk of vir hul gesin sorg nie, of wat hoer nie.

Is dit dan nie die minste om jou waardering vir jou man in die slaap­kamer te wys nie?

Hoekom moet ’n man dan soos ’n honger leeu buite rondloop? – Anoniem, per e-pos

Hoor vir honger leeu! Ongelukkig is dit so dat nie alle vroue én mans, mind you, gemaklik daarmee is om waaghalsig in die bed te wees nie.

Baiekeer het dit maar te make met die konserwatiewe way hoe sommige van ons grootgemaak is.

Oor die jare is dit egter besig om te verander met die seksuele rewolusie wat onder ons vroue plaasgevind het.

Vroue raak al hoe meer bewus van hul needs en hoe hulle please en geplease wil word.

Selfs aan die intieme kant van die huwelik is kommunikasie belangrik sodat albei partye presies weet van die ander een se grille en giere, en hoe albei ná die daad vervuld wil voel.

Bollewange of te not, daar’s niks daarmee verkeerd om gereeld met jou vrou hieroor te praat nie. Nie op ’n beskuldigende wyse nie, maar ’n inklusiewe een waar jul albei se opinie ewe veel gewig dra.

Wie weet, deur die way hoe die issue getackle word, skep dit dalk net ’n situasie in die slaapkamer wat jou tone en toonnaels lekker sal laat omkrul.

Liewe Antie Mona

EK EN my buurvrou kom al lank met ons ding aan.

Ek is nie getroud nie, maar sy het ’n ou wat by haar bly. Haar man is nou al ’n paar jaar dood.

Dié ou werk baie uit en dan gaan kuier ek daar. Ek en dié ou is ook vrinne. Ek begin al sleg voel, maar verbode vrugte is dan so lekker. – Master G, WhatsApp

Ongelukkig voel jy nie sleg genoeg oor wat julle agter hierdie arme man se rug aanvang nie.

Pasop, verbode vrugte kan ook suur raak.

Hou op om ’n kamtige vriend te wees en wees ’n slag ’n man wat nie vleeslike genot ten koste van ’n ander man het nie. Skaam julle!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters