15 dae gelede
Sy worry oor ouer berk se eks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 28 en bly saam met ’n man van 54 jaar oud.

Ek dink hy cheat op my.

Hy sê hy en sy eks is nie meer saam nie, maar haar phone number is steeds op sy phone.

Hy het haar nommer onder ’n mansnaam gesave.

Antie, hy sê hy is lief vir my, maar ek glo dit maar min.

Sy bel my as sy dronk is en vertel my dan sleg.

As sy nugter is message ek haar en dan sê sy dis hy wat haar so pla.

Sy sê ook dat hy baie sleg van my by haar praat.

As ek hom hieroor konfronteer, dan stry hy.

Vir wie moet ek glo?

Ek is baie lief vir hom en wil hom nie verloor nie, ten spyte van die ouderdomsverskil tussen ons. – R van die Kaap, WhatsApp

Jul ouderdomsverskil van 26 jaar is darem groot!

Daar is baie couples wat die age gap suksesvol kon oorbrug, maar dit lyk nie of dit in jou geval werk nie.

Hierdie man speel met jou en as jy Antie vra, kan jy nie glo wat een van hierdie twee sê nie.

Hulle het albei hidden agendas. Sy mission is om jou te probeer flous en sy probeer obviously om hom terug te wen.

Op jou ouderdom hoef jy nie jou lewe so te kompliseer met issues van ouer mense nie.

Kry jou uit hierdie verhouding. Is jy dan so verleë vir ’n pa-figuur dat jy saam met dié man wil bly, selfs al cheat hy clearly op jou?

Die Antie Mona-show

DIE mooie lente is op ons en een van die dae ook die Liewe Antie Mona-show, wat in samewerking met VIA vervaardig gaan word.

Het jy al ingeskryf? Teen hierdie tyd weet jy mos al hoe. Of hoe?

Antie en die angels – Bouncy, Jane en Mêrim – wil hê dat jy jou lewensuitdagings met ons moet deel.

Stuur ’n WhatsApp-boodskap of voice note na 082 858 0044 en vertel ons wat dit is wat nou pla.

Moenie aanhou uitstel tot daar geen meer spots available is nie.

Laat sommer nou van jou hoor!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters