14 dae gelede
Sy soek kids, maar man seks nie sonder kondoom
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 34 jaar oud en in ’n verhouding met ’n ouer man.

Hy is 47 jaar oud en het 3 kinders en 2 kleinkinders.

Sy vrou het in 2018 gesterf en ons gaan nou al 2 jaar en 3 maande uit.

Ons het 4 maande gewag voordat ons geseks het.

Hy wil nooit sonder ’n kondoom seks nie. Ek vra hom die rede daarvoor, maar hy gee my nie ’n reguit antwoord nie.

Antie, hy is alles wat ek in ’n man soek. Sy kinders en familie aanvaar en respekteer my.

Hy droom nog soms snags van sy oorlede vrou en noem haar naam.

Ek het hom daarvan vertel. Hy hy sê hy kan dit nie verhelp nie en weet nie hoekom hy dit droom nie.

Ek droom ook om eendag te trou en nog kinders te hê, maar weet nie so mooi nie, want hy sien nie kans vir nóg ’n huwelik en kinders nie.

Dink Antie ek is besig om my tyd te mors met hierdie man? – Confused, WhatsApp

Liefie, as hierdie man nie nog kinders wil hê nie, is dit tog duidelik oor hoekom hy ’n sambreel saamvat bed toe. Dan nie?

Hierdie man weet jy wil nog kinders hê en hy wil nie die kans waag dat dit dalk kan gebeur nie.

Dis ook doodnormaal vir hom om van sy oorlede vrou te droom, want hulle het immers ’n groot gedeelte van hul lewe saam deurgebring.

Hierdie man maak jou gelukkig. Met of sonder ’n trouring.

Daar is egter baie wat vandag getroud is met wat hulle gedog het die man of vrou van hul drome is. Vandag is hulle ever sorry.

Baie sal maybe hieroor van Antie verskil, maar ’n trouring aan jou vinger determine nie jou level van happiness nie.

Jy kan hom los en aanbeweeg. Jy kan selfs iemand anders kry om met jou te trou en kind op kind by jou te maak. Maar daar is geen waarborg dat hy sal bly en jou vir altyd op die hande sal dra nie.

Hierdie is ’n saak waaroor jy lank sal moet besin voordat jy jou move maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters