22 dae gelede
Suiplap-man dra ander vroumense op die hande
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n man wat baie drink, maar in sy eie oë is hy net die beste.

Ons is meer as drie dekades getroud en hy wil maak en doen net wat hy wil.

Hy het baie vriende wat hom net wil gebruik. Ons kinders sluit hul kamerdeure as hy saans huis toe kom, want dan wil hy sommer ou goed kom ophaal.

As hy weggaan vir ’n naweek met sy vriende, kom hy met ander vroumense se telefoonnommers huis toe of hy het foto’s met hulle gevat. Hy noem gedurig ander vroumense op troetelname, sorteer hul probleme uit en skinder van my by ander mense, ook by sy mense.

As jy nie in my skoonmense se kring kan sit nie, dan hou hulle nie van jou nie.

My man maak dit nie ’n geheim as hy ander vroumense dophou nie, al is ek saam met hom.

Hy skel gedurig dat ek nie geld het nie en is elke aand tot watter tyd op Facebook. Hy het my ook al baie in die verlede verneuk, Antie. – Hartseer Vrou, Whatsapp

Weet jy vrou, wat eintlik werklikwaar hartseer vir Antie is, is hoe jy al vir donkie-donkiejare hierdie seer moet deurmaak en dié kruis dra.

Hoop jy dat hy eendag sy dinge gaan laat staan? Hier kry Antie die idee hierdie man gaan net ophou as sy eiers net as decoration daar hang.

Die dinge wat ons in die lewe deurmaak, is baiekeer self-inflicted. Hierdie man mors met jou, want jy allow hom om met jou te mors.

Dit is tyd dat jy jou worth besef en iets aan die saak doen.

Niemand ... niémand kan van jou verwag om deur sulke stront in die lewe te gaan nie.

Hierdie is nie ’n geval van “Wat gaan die mense sê?” nie. Luister na wat jou eie hart en verstand jou al so lank probeer vertel.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters