23 dae gelede
'Staatmaker' wil nie met my trou nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS P van K. Ek is 33 en het drie kinders.

Ná die dood van my oudste kind se pa was ek lank single. Nou het ek ’n wonder­like ou ontmoet wat goed is vir my en alles vir my doen. Ek was nog nooit in so ’n verhouding nie. Sy familie is baie welaf.

Ek werk, maar as enkelouer kan dinge nogal moeilik raak.

Antie, ek weet ek kan op hom staatmaak, maar die probleem is, hy wil nie met my trou nie.

Hy het ’n vierjarige dogter en dit lyk of ek met haar moet compete vir sy tyd en aandag.

Ek kry die idee hy dink dis oukei om my te date, maar dat my kinders sy probleem gaan word as ons trou.

Ek weet ek sal hom nooit weer sien as ek met hom opbreek nie.

Hy is jonk en aantreklik en al die meisies hier stalk hom op Facebook. Ek is baie lief vir hom en sy familie is great met my.

Wat staan my te doen?  Raadop Girlfriend, WhatsApp

Jy en jou kinders is ’n combo. Hulle is deel van die package en Antie is seker hy sien hulle nie as ’n “probleem” nie, want anders was hy mos nie saam met jou nie.

Hierdie ou het ook die reg om tyd saam met sy kind deur te bring en met haar te bond. Jy soek vir moeilikheid deur hierdie kind as jou kompetisie te sien.

Verder is sy familie orrait met jou. Baie sou ’n issue gehad het daarmee dat jou kinders nie syne is nie.

Vat dit rustig en moenie hom pressure nie. Dit moet sy besluit wees, anders gaan jy altyd wonder of hy propose het oor die pressure wat jy op hom gesit het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters