Verlede maand
Spulse vriendin seduce ál wat ’n mansmens is
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n vriendin wat met vroue se mans bevriend raak om hulle te seduce.

Sy het geen skaamte nie.

Ek het haar altyd van my aanstaande se foon af gebel.

Agterna moet ek toe uitvind sy chat met hom.

Sy vra hom altyd om haar te kom help met los werkies, want sy het nie ’n man nie.

Ek het haar gesê ek likes dit nie en toe raak sy kwaad vir my.

Sy raak ook kwaad as ek foto’s post van my en my verloofde.

As ons vriendinne oor ons mans praat en oor hulle brag, dan vertel sy hom alles sodat hy later met my kan stry.

My aanstaande het sy werk weens Covid-19 verloor. Sy het beloof sy gaan vir hom ’n werk kry.

Laas week sien ek my outjie is haar profile pic op WhatsApp.

Toe ek haar bel en vra hoekom sy dit doen, toe lag sy my net uit en sê sy skuld my nie enige verduideliking nie.

Gister bel sy hom en sê hy moet dringend ’n draai by haar kom maak.

Ek sê toe nog hy moet gaan, want miskien is dit werk.

Antie sal my nie glo nie. Die man kom smoorkwaad vir my terug van haar af en sê ja, ek cheat op hom met verskillende manne.

Ook dat ek vir ’n ander vriendin van my gesê het dat hy gay is en dat ek hom maar net aanhou omdat ek nie alleen wil opeindig soos sy nie.

Sy doen dit met al ons vriendinne. Sy het al amper haar suster se huwelik ook opgemors.

Sy het ook geslaap met die man van een van ons vriendinne wat op skei staan.

Antie, sy raak volgende jaar 50 en omdat sy nie ’n man in haar lewe het nie, versuur sy ons almal se lewe.

Ek het haar op albei van ons se phones geblock, maar sy bel en SMS hom steeds van ander mense se fone af.

Sy het al vir hom gesê dat ek HIV het, maar dit was TB wat ek gehad het en my verloofde weet daarvan.

Ek en my verloofde bly nou al drie jaar saam en het nie enige secrets vir mekaar nie.

Maar sy probeer regtig my lewe hel maak. – Gatvol Vriendin, Whats­App

Jinne, hierdie vriendin van jou sal mos loshande die rol van die feeks in enige sepie losslaan.

Met vriendinne soos sy kan ’n mens mos nie afford om enemies te hê nie.

Hierdie aanstaande van jou behoort van beter te weet en nie sy ore uit te leen vir haar liegtery nie.

Sy het mos ’n reputation wat stink en hy behoort teen hierdie tyd al te weet sy lieg vir ’n lewe.

So, hy moet ook nou sy mind opmaak en besluit of hy by die huis wil TV kyk, of sy ore wil uitleen vir bekverkoop.

Die goed wat sy kwytraak, is nasty en lasterlik.

Daar is een manier om daai gifbekkie van haar once and for all stil te kry – gaan gee haar aan vir laster en laat die gereg haar ry.

Maar dan dink Antie weer sy sal sommer likes hof loop om man daar te gaan soek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters