Verlede maand
Spulse skoonma laat man erg ongemaklik
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n probleem met my skoonma wat net voor die lockdown by ons ingetrek het.

Ander mans sal dit weer as ’n lekkerte sien, maar haar dade staan my nie aan nie.

En dis nie asof sy gebou is soos ’n jong meisie nie. Daai lyf was ook al in die oorlog, as Antie weet wat ek bedoel.

Ons het met moeite vir haar ’n plekkie ingerig waar sy steeds haar privaatheid kan geniet.

Maar dit was nie lank nie, toe begin sy my lastig val.

Ek werk van die huis af en is die meeste dae alleen daar terwyl die vrou en kinders by die werk en skool is.

Sommer al die eerste week toe Skoonma my roep om iets te kom regmaak, was sy in net ’n handdoek geklee.

Dit het my nogal baie ongemaklik gemaak, maar sy het aangegaan asof daar niks skort nie.

Toe raak dit ’n gereelde ding waar ek my werk net so moet los, want sy het een of ander “krisis” wat nóú uitgesorteer moet word.

Die handdoek het toe sommer gereeld begin afval ook. Dan staan sy en kyk vir my voordat sy dit van die vloer optel en weer om haar draai.

Die vrou wil ook net oor seks praat, maar as my vrou, haar dogter, in die omtes is, dan is sy soos iemand wat my nie kan verduur nie.

Nou Antie, ek het al baie in u rubriek gelees van mans wat sommer deur sulke skoonma’s afgepers word.

Ek wil my nie in so ’n situasie bevind nie, want my vrou is baie lief vir haar ma, en tussen ons twee, sal sy haar ma glo.

Tot dusver kon ek uit haar kloue bly, maar ek kan sien sy is elke keer meer dikbek omdat ek nie vir haar streke val nie.

Hoe maak ’n mens in só ’n situasie? Ek stel regtigwaar nie belang om my huwelik in gevaar te stel nie.

Die ouvrou lyk niks lekker nie, maar dis nie die punt nie. Ek wil myself nie in ’n krisis in my huwelik bevind oor ’n spulse vrou wat vrede moet maak met die ouvrou-panties wat sy nou moet dra nie. – Moedelose Hubby, E-pos

Maar so ’n stoute gryskat darem!

Antie stem 100% saam met jou: Hierdie het die potensiaal om gróót probleme in jou huwelik te veroorsaak.

Dit klink of julle bedags alleen tuis is en dis tyd dat jy haar openlik oor haar gedrag konfronteer.

Maar jy need om jouself ook te cover sodat jy bewyse het as die rook draai en sy jou van allerhande dinge wil beskuldig.

Maak ’n recording. Hou jou selfoon in jou broeksak tydens die gesprek en selfs as sy jou roep om allerhande onbenullighede te kom uitsort.

Sodoende is jy gecover, dan het jy ’n voet om op te staan as jou vrou jou nie wil glo nie.

Maak daai gesprek met Skoonma vas. Hopelik stuit dit haar in haar stuitige spore, dan kom sy tot rus.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters