Verlede maand
Sleg vrou smokkel met my kop in egskeiding
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou gaan tans deur ’n egskeiding, maar sy smokkel nou met my kop. Ek het vir jare uitgehou en haar elke keer vir haar misstappe vergewe.

Antie, ek kan nie eens meer onthou hoeveel verhoudings sy in ons huwelik aangeknoop het nie.

Ek wil nie eens praat van die aande se uitslaap en die vieslike WhatsApp-gesprekke met ander mans wat ek op haar foon gekry het nie. Ons het twee lieflike kinders en ek gaan uit my pad om seker te maak dat die kinders deur hierdie hele proses oukei bly.

Hulle verstaan die redes vir die egskeiding en ondersteun my. Hulle is ook al moeg vir hul ma se dinge. Maar die vrou praat dan nou van opmaak en dat sy jammer is oor alles.

Daar word nou snot en trane vir my gebel en gesoebat vir nog ’n kans. Maar hoe lank voordat sy net weer met haar streke begin? Deurmekaar Hubby, WhatsApp

Eers wanneer jy iets kosbaars en na aan jou hart verloor het, kry jy mos waardering daarvoor.

Maar soos hulle sê – spyt kom altyd te laat. Die besluit om te skei bly joune en joune alleen.

Net jy kan besluit of jy lus is vir nog ’n ronde van liegstories en empty promises. Daar is natuurlik ook die moontlikheid dat sy hierdie keer haar les geleer het en opreg is. Finally.

Maar weet jy, jy is al soveel keer in die stert gebyt deur haar verraad en leë beloftes dat niemand jou kan blameer as jy nie seker is of sy dié keer by haar woord sal hou nie. Egskeidings is ’n uiters pynlike proses, maak nie saak hoe jy probeer om reg op te tree en die kinders te beskerm nie.

Wat egter baie belangrik hier is, is die welstand van die kinders en natuurlik jouself. Wat jy ook al besluit, moet in belang van jou en die kinders se geluk te wees.

Dink aan julle voordat jy aan haar dink.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters