15 dae gelede
Skynheilige vrou hoer te lekker agter my rug
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WONDER of ek moet skei en ek weet nie meer watter kant toe nie.

Ek is reeds 12 jaar saam met RS en nou 2 jaar getroud met hierdie valse kerksuster wat met ’n ou, getroude man gehoer het.

Maar daar is ook ’n vyfjarige kind in die prentjie wat ek nie wil seermaak nie.

Dié “bekeerde suster” is niks anders as ’n goedkoop hoer nie.

Sy het my net misbruik en agter my rug gehoer – wat sy nou wil ontken.

Ons bly nie meer saam nie. Ek raak nie aan haar nie, want sy maak my naar tot diep in my maag. Mense ken nie daai kant van haar nie, net die “bekeerde” kant.

Sy het agter my rug gehoer en agter my rug my familie teen my gedraai, sodat ek die vark in die verhaal moet wees.

Almal glo net die “bekeerde” vrou. Ek het alles vir haar gedoen. GHD’s gekoop, holidays weg vir haar birthday ...

Tot haar familie het kom kos soek en gekry by my huis.

Haar ma en ouma het by my gebly sonder om ’n sent te hoef te betaal.

Maar ná die hoerery met die oupa het dinge verander. Ons was seker net twee weke uitmekaar, toe hoer sy met die getroude man.

Moet ek skei? Ek trust nie meer die valse kerksuster nie. – AB, WhatsApp

Jou WhatsApp drup van bitterheid en woede. Antie het lanklaas iemand só kwaad teëgekom.

Hoekom vra of jy moet skei, siende dat julle lankal nie meer saambly nie? Hoekom die inevitable verder uitstel?

Van wat ek van jou brief kan aflei, is daar min kans dat julle sal kan opmaak. Daarvoor klink dit of daar al gans te veel woorde tussen julle gesê is. Woorde wat nie teruggetrek kan word nie.

As jy wil skei, moet dit egter wees sonder hierdie woede, haat en geskiedenis-trippies oor wat jy alles vir haar en haar familie gedoen het.

As jy wil skei, moet dit wees omdat jy wil aanbeweeg, nie omdat jy meer petrol soek om jou woedevlamme te laat aanhou hoog brand nie.

Nie een van ons ken die ware storie oor wat in jul huwelik skeefgeloop het nie, behalwe julle twee.

Jy sal moet closure kry en besef dat as jy dinge wettig tussen julle beëindig, jy én sy die reg het om met jul lewens aan te beweeg.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters