22 dae gelede
Skryf in vir Antie Mona se show op Via
Auntie Mona
Antie Mona  ~ 

MENSE, hier gaat Antie al weer.

Antie wil op niemand se kop kerm nie, maar julle sal moet roer as julle wil inskryf vir Son en die TV-kanaal VIA se beplande Antie Mona show.

Of dan moet julle seker maar sê alles moet gelos word, want julle soek seker nie Antie se ou, lelike gevreet op die kassie nie, nè?

Anyhow, belangstellendes wat graag deel van history wil wees, moet asseblief ’n WhatsApp stuur na 082 858 0044.

Dit moet ’n kort boodskap of voice note wees oor waaroor jou issue gaan.

Daar gaan lekker goodies op die spel wees vir deelnemers. Deelnemers moet ook bereid wees om ’n dag aan verfilming af te staan.

Toe, moenie soe wies’ie: Antie wag op julle!


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters