21 dae gelede
Skrik wakker, of ’n Delila loop weg met sy tollie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WEET nie rêrig waar om te begin nie, maar kan Antie asseblief raad gee?

Ek is baie lief vir een van my vriende en gee baie meer om vir hom as vir ander mense.

Ek help hom altyd waar ek kan – ook finansieel as ek kan. Al is dit nie baie nie, maar ek probeer. Hy sê hy waardeer wat ek vir hom doen en dat hy ook vir my omgee, maar partykeer voel dit nie so nie.

Hy werk by ’n plek so 30 km uit die dorp, so ek sien hom nie baie nie. Maar ek sien hom af en toe as ek vir hom gaan kuier of as hy af is. Ek is rêrig baie lief vir hom. Hy is straight, of wel, ek dink so.

As ons ’n bietjie gekuier het, dan raak hy rêrig ’n groot d**s en dan baklei ons met mekaar. Of hy ignore my die hele aand.

Dit breek my hart elke keer, maar die volgende oggend is hy weer die oulikste persoon en hy kan niks onthou van die vorige aand nie.

Ons het ook al gesoen en ek het al met hom gespeel as hy gekuier is, maar hy laat dit toe.

Ek is soms baie jaloers as hy met ander ouens kuier of nie vir my ook aandag gee nie. Ek weet dit is verkeerd van my, maar ek kan dit nie help nie.

Ek het nog nooit rêrig met hom gepraat oor hoe ek voel nie.

Ek is bang hy ignore my, of skryf my af as ’n vriend. Verlief, e-pos

Antie weet nie of jy dit al agtergekom het nie, maar daar word met jou en jou gevoelens gespeel.

En al wat jy soms uit die deal uit kry, is dat jy toegelaat word om met sy voël te speel. Maar by speel bly dit ook net, want hierdie man is daarop uit om jou net te tease­.

Straight is dié ou wat seksuele oriëntasie betref, maar hy’s ook straight uit die boek van rolle speel.

Vir solank as wat jy hom met geld instop, vir solank gaan hy hierdie rol van hom vertolk.

Liefde kan jy nie koop nie. Jy kan ook nie iemand omkoop om van jou te hou nie.

Liefie, dit is tyd dat jy jouself van hierdie ou onttrek, want hy gaan niks meer as ’n uitvreter in jou lewe word nie.

Hierdie ou is een van vele mans daar buite wat veral naweke gay speel sodat hulle ’n nice time kan hê. Jy sal vir jouself die grootste guns vanjaar doen deur hierdie man uit jou lewe te skop.

Liewe Antie Mona

EK WIL net op daai ou se brief reageer en sê dat nie ál ons vroue suinig met afgee is nie.

Ek dink nie my man het iets om oor te kla nie, want hy kry meer as genoeg in die bed.

Daar is baie vroue daar buite wat net getroude mans teiken.

Dit is hul missie in die lewe om slegs getroude mans bed toe te sleep wat hulle kan bederf met geskenke en geld.

Ek sê nie dat genoeg seks ’n man lojaal sal hou nie. As iemand wil sleg wees (man of vrou), sal hulle dit doen.

Dit is vir my as vrou elke keer net verskriklik hartseer om te lees hoe ander vroue hul mans behandel.

Ja, ons almal weet die huwelik gaan nie net oor seks nie, maar genade, as jy nie jou goeie man gaan waardeer nie, dan gáán ’n Delila daar buite haar kloue in jou man slaan.

Ongelukkig wil veels te veel vroue eers wakker skrik as dit die dag gebeur. Ek het ’n paar geskeide vriendinne wat so aan die slaap was toe hulle nog getroud was.

Nou sit hulle net by hul huis met kinders opgeskeep en niemand anders wat in hulle belangstel nie.

Hul eksmans het aanbeweeg en ek het nou al ’n paar van hulle raakgeloop wat mens kan sien nou regtig gelukkig is.

Ons vroue moenie net dit as vanselfsprekend aanvaar dat ’n man en sy tollie in ons lewe sal bly nie, maak nie saak hoe sleg ons hulle behandel nie. Ook ’n Vrou, e-pos

Preach, vrou, preach! Kyk, hierdie is lankal nie meer ’n man’s world nie. Dít weet ons.

Die plan om ons in die kitchens van die lewe te hou, het ook nie geslaag nie. Dis girl power all the way, ál die pad vorentoe.

As iemand durf met ons mors, nooi ons hulle pad toe. Dis ’n fact.

Maar wat ook ’n fact is, is dat daar goeie, eerbare, lojale en liefdevolle mans in die lewe is.

En as jy só ’n man het, moet jy jou waardering nie die dag verloor as die trouring aan jou vinger pryk nie. Jy kan nie miesies wil speel, maar jou man moet in die geheim honger ly nie. Waar pas dit?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters