15 dae gelede
Skoonma kom maak nes sy wil in ons huis
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WAS 17 toe ek getrou het, maar ek het steeds my matriek klaargemaak.

’n Week ná my troue besluit my pragtige skoonma haar seun (my man) moet nou sy bankkaart vir haar afgee en vir haar onderhou terwyl sy by haar boy­friend bly en my man by my.

My man is haar enigste seun en sy hou daarvan om besluite namens hom te maak.

My skoonma is ’n vrou wat baie tweegevreet kan wees.

Ons het ’n orrait verhouding, maar haar houding en nuuskierigheid maak my soms bebloed.

Sy is baie oor geld, maar kan nie met geld werk nie.

As sy nie iets vir haar en haar boyfie se kids gehad het nie, dan sal ons altyd gee waar ons kan, maar sy verwag ons moet áltyd hê en gee.

Sy het ’n houding van when­ever my man sonder my by haar gaan kuier, praat sy ’n klomp snert saam hom.

Hy is baie sag en sal haar altyd glo.

Sy kan baie lieg en treat hom asof hy ’n baba is.

In die eerste jaar van ons huwelik het sy jongste sustertjie hom gevra om vir haar ’n paar tekkies te koop.

Ek was nie aware daarvan nie en toe ons by die mall kom, het hy gesê ons moet gou by ’n klerewinkel in om die tekkies te koop.

Sy suster was baie happy oor die tekkies, maar agterna het sy ma kom skel oor ja, hoekom koop ons vir haar kind sulke cheap­ tekkies.

My man was baie upset en het gesê hulle waardeer niks nie.

Dieselfde Desember het liewe skoonma gou ’n meat hamper van oor die R1 000 gaan vat en my man gesê hy moet dit betaal.

Ons bly nou op ons eie agter in my ma se jaart en my skoonma kom maak daar ook nes sy wil.

Sy klop nie eens nie.

Kom met in en kom krap in ons kaste of groceries-sakkies om te sien wat ons gekoop het.

Hoe maak ek met ’n skoonma soos hierdie, Antie? Moedelose Skoondogter, WhatsApp

Antie moes ongelukkig jou brief sny, want jy het omtrént jou hart uitgepraat.

Liefie, dis duidelik dat hierdie saak al geruime tyd swaar op jou hart weeg.

Wat dinge moeilik maak, is dat hierdie jou man se ma is en jy kan haar nie sommer in haar glory stuur nie.

Jy moet beslis taktvol probeer optree terwyl hierdie vrou skynbaar oor geen ordentlikheid of takt beskik nie.

Ongelukkig is daar families wat van een ’n milking cow wil maak – selfs al trou hierdie persoon en het nou ’n familie om voor te sorg.

Jy en jou man moet uit een mond praat, meaning julle moet ooreenkom oor wat jul standpunt gaan wees teenoor hierdie gedrag.

Dis sy ma, so hy sal haar nooit afstaan nie en Antie dink ook nie dis wat jy wil hê nie.

Maar sy ma moet haar plek ken. Sy is sy ma en jy ... jy is sy wettige vrou wat saam met hom ’n huishouding moet run.

Hy is nie meer sy mamma se seuntjie wat nou moet terugbetaal vir ál die geld wat sy oor die jare op hom gespend het nie.

Jou skoonma moenie net weet waar sy met jou as haar skoondogter staan nie, maar waar sy met julle as ’n couple staan.

Praat met jou man en sê hom hoe sy ma se houding jou laat voel.

Laat hom weet jy wil nie ’n wig tussen hom en sy ma indryf nie, maar net ’n situasie verkry waar julle as couple aan jul toekoms kan werk en nie deur ander as ’n till gesien word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters