23 dae gelede
Skoonma kies kant toe vrou cheat
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS vir 21 jaar getroud en was altyd ’n ryk ou.

Dinge het in 2016 verander toe ek G toe trek en al my geld begin opgebruik.

In 2018 het my vrou ’n affair aangeknoop en elke naweek weggehardloop.

My dogters het vir my gesê dat sy ’n affair het, maar ek wou hulle nie glo nie – totdat ek haar foon in die hande gekry het en met my eie oë gesien het waarmee sy besig is.

Antie, ek is toe na my skoonmense toe om hulle hiervan te vertel.

My skoonma sê toe aan my dis my vrou se vagina en sy kan daarmee maak wat sy wil.

My skoonma se woorde het my geskok en ek was baie kwaad vir haar. Ek het onlangs my skoonma gebel en gesê ek vergewe haar.

Ek en my vrou het vier kinders, maar is al die afgelope agt maande separated.

Die kinders bly by my. Ek is nog lief vir my vrou en het haar ook vergewe. – Hartseer Man, Whatsapp

Jy kan nié met jou onderlyf steeds maak en doen soos wat jy lus het as jy getroud is nie.

Jy moes in die eerste plek nie na jou skoonouers toe gehardloop het nie. Hierdie is ’n issue tussen jou en jou vrou. Dis jul huwelik en die dinge wat pla behoort tussen julle uitgesorteer te word.

Dis mos wanneer ’n mens ander nader dat hulle time and again hul neus in jou sake druk.

Anyhow, dit lyk nie of jou vrou se kriewelry gou gaan ophou nie.

Hierdie vrou is so op haar eie mission dat die welstand van haar kinders nie eens saakmaak nie.

Liefde kom nie met ’n remote wat jy kan gebruik om dit aan en af te skakel nie.

Maar daar behoort ’n tyd aan te breek dat jy begin leef vir jou en jou kinders se happiness.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters