Verlede maand
Skoonma gee ons hond se kos – ás sy iets gee
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK, MY man en ons drie kinders bly in ’n garage by my skoonma.

Ons het twee jaar gelede hier ingetrek toe ons nog lekker op die been was en sy so dik gehou het dat ons hierheen moet kom.

Ek het net voor die lockdown my werk verloor en my man werk alleen, hoewel die geld maar min is.

Hy het toe ’n ander werk gekry.

Die geld is min of meer dieselfde, maar daar is beter opportunities om hom op te werk.

Antie, dit gaan by tye maar swaar.

My skoonma is so evil, sy gee ons die honde se kos om te eet. Of sy sê sy kan ons nie kos gee nie, want dan het haar honde niks om te eet nie.

Sy skel heeldag dat die kinders nie voor die huis moet speel nie.

Ons mag ook nie in hul huis gaan nie, want sy sê ons gaan hul goed steel.

Sy en haar man sit baie vas, maar steeds betaal ons ons deel wat sy wil hê.

Die plek waarin ons bly, is rou en koud, maar sy soek haar rent-geld, veral noudat ons nie meer geld het nie.

Ek bid elke dag dat die Here my en my gesin met ’n ander blyplek moet seën.

Sy het die wasgoedlyne afgesny en sy gee glad nie om vir haar kleinkinders nie.

Dit voel asof my hande nou afgekap is omdat ek nie werk nie en ek wil so graag my man finan­sieel help.

Daar is tye dat ons sonder kos gaan slaap, maar vir haar sal ons nie pla nie, want sy geniet dit om vir ons nee te sê.

Ek het orals aansoek gedoen vir werk, maar ek wag nog.

Twee van my kinders is baie sieklik en onder hospitaalbehandeling.

Hul ouma sê sommer hulle sal vir ewig siek wees.

Dan is sy ’n kerkvrou.

Sy soek nou meer geld by ons en as ons sê ons het nie, dan skel sy ons moet uit. Moedelose Skoondogter, WhatsApp

Jou skoonma is die moeder van alle duiwels. Daar is nie ’n ander way om dit te stel nie.

’n Nare, nare vrou wat Sondae agter ’n kerkhoed skuil, maar eintlik maar baie lief is vir die duiwel en sy dinge.

Met ’n skoonma soos daai, sal selfs vyande vir jou soos vriende voel.

Meisa, dit was ’n uiters moeilike jaar vir baie van ons.

Baie het hul lewe verloor. Baie hul werk.

In sommige gevalle is daar ook couples wat albei hul brood en botter verloor het.

Dinge lyk tans droewig, maar elke dag bring nuwe hoop.

Kyk uit vir ’n ander plek waar julle min of meer dieselfde rent kan betaal.

Genade, enige ander plek sal beter wees as waar julle tans bly.

Moenie moed verloor nie. Hou aan aansoek doen vir werk en as jy een kry, dan maak julle dat julle daar wegkom.

Dit is tyd dat julle hierdie skoonma van jou vir goed agterlaat sodat sy haar duiwels in rus en vrede kan aanbid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters