Verlede maand
Single ou vol demands oor sy droomvrou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS in my laat 40’s en op soek na ’n single vrou wat ook op soek is na ’n single man.

Ek was nog nooit getroud of verloof nie.

Sy kan ouer as ek wees, maar moet nog goed lyk vir haar ouderdom.

Sy moet ook lekker styf lyk in die lyf en ’n paar virgin borste hê. Dis my droomvrou.

As sy nie kids het of kids kan kry nie, is dit fine met my. Manne wil mos nie vroue hê wat nie kinders kan kry nie, maar dis fine met my.

Ek sal so ’n vrou respekteer. Ek hou van ’n loyal vrou. Ek is self agtermekaar en kan lekker seafood maak.

As sy ’n drankie geniet, is dit fine, want ek geniet ook ’n drankie. Maar ons twee moet dit saam geniet en rustig wees.

Moet asseblief nie my nommer in die koerant plaas nie. Sterkte vir 2021.  Single Ou, WhatsApp

Single Ou, is dit nie nog te vroeg in die jaar om so vol demands te wees nie?

Antie kry die gevoel jy dink kinderlose vroue kan ’n “easier target” vir jou wees.

Antie het nuus vir jou: Baie, baie vroue wat nie ’n kind of kraai het nie, is steeds gelukkig, whether hulle single of saam met iemand is. Antie verstaan jy soek iemand om jou by te staan as jy so voor jou seafood-potjie staan, maar die oldschool manier van iemand raakloop en beter leer ken, werk maar nog steeds.

Antie ken ongelukkig niemand met “virgin borste” wat elke naweek loyally saam met jou sal drink en toekyk hoe jy wéér jou eie seafood-potjie krap nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters