2 maande gelede
Sex buddy begin skielik nou feelings te koppel
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n meisie gehad wat ’n kind het van iemand anders.

Die kind was een jaar oud toe die man haar net so los.

Dié kind is nou vyf jaar oud en toe sy hoor haar kind se pa het weer by iemand anders kind gemaak, het sy my net so gelos om by hom in ’n hok te gaan bly.

Selfs haar ma wil nou niks meer te doen hê met haar nie.

Ek kan nie glo sy het so iets aan my gedoen nie. – E Van Die Plain, WhatsApp

Liefie, die slim mense sal vorendag kom met medisyne vir allerhande siektes, maar vir stupidity sal daar eenvoudig net nooit ’n vaccine wees nie.

Dis haar loss as sy dit wat julle die afgelope vier jaar opgebou het net so los om by haar kind se pa te gaan intrek. ’n Man wat reeds ’n ander baby op pad het.

Antie weet nie of sy dink sy gaan die queen van sy hok wees nie, maar ek vermoed sy is in vir ’n rude awakening.

Antie hoop nie jy verloor enige slaap oor dié meisie nie. Dis duidelik dat sy nie jou liefde werd is nie.

Move aan en kry vir jou iemand wat nie so hokverleë is nie.

Liewe Antie Mona

EK EN ’n kollega van my is albei single en het van tyd tot tyd seks.

Niks ernstigs nie. Net ’n geval van rug leeg maak, as Antie weet wat ek mean.

Anyway, ons kom seker nou al ’n jaar aan en ek moet sê ek hou nogal van dié girl.

Ek is nie op soek na iets ernstigs nie, want die vorige meisie wat ek gehad het, het my diep seergemaak. Sy het op my gecheat met ’n ou wat sy altyd gesê het soos ’n broer vir haar is.

Hulle is nou nog saam en het ook ’n kind saam.

C, my kollega, is glad nie high maintenance nie. Sy is down to earth en maak nie ’n fuss daarvan om altyd uit te gaan nie.

Ek het ook ’n goeie verhouding met haar seuntjie, wat nou 3 jaar oud is.

Maar my probleem is dat C nou ernstig wil raak. Sy wil weet waar sy met my staan en ek kan nie vir haar ’n straight antwoord gee nie.

Dis nie asof ek nie van haar hou nie, maar ek weet nie of dié feelings is vir ’n vaste verhouding nie.

Dinge is nou nie lekker tussen ons nie, want sy het gesê ek gebruik haar net vir seks.

Ek weet nie hoe om dinge tussen ons reg te maak nie, want ek wil haar nie hoop gee dat ons meer as net sex buddies kan wees nie.

Ek wens sy kon dinge net gelos het soos wat dit was.

Dit is mos nie nodig om in ’n verhouding te gaan nie, want dit is ook nie asof ek iemand anders gesien het nie.

Ek het nou gehoor C het gevra vir ’n transfer na ’n ander dorp en dit gaan maak dat ek haar glad nie gaan sien nie.

Ek weet nie of dit so is nie, maar kan dit wees dat sy dit doen om my te spite?

Gee vir my raad, asseblief Antie. – G van R, WhatsApp

Moet vir geen oomblik dink haar besluit om te relocate gaan oor jou nie.

Dis in alle waarskynlikheid om ’n skoon blaadjie oor te slaan en haar en haar kind se toekoms ’n ander opsie te gee.

Antie weet nie hoeveel keer ek nog dit moet sê nie: Daar is nie iets soos ’n no strings attached sex buddy nie.

Vir die meeste van ons vroue is seks nie net ’n op-en-af daad en woeps, daar gaan jy aan met jou lewe nie. Daar is feelings involved, emosies wat die ander persoon in jou aanwakker.

Jy en jou vrese vir nog heartbreak het gemaak dat dié meisie besef het jy sien nie kans vir ’n langtermynverhouding met haar nie.

En sy is glad nie bereid om verder jou go-to matras te wees nie. Sy soek meer. Sy soek commitment. Sy soek iemand met wie sy ’n toekoms kan bou.

Wat jy sal moet doen, is om haar maar te let go.

As jy haar nie wil hê nie, gaan daar wel iemand anders wees wat haar worth raaksien. Iemand anders wat haar nie net wil gebruik nie, maar belangstel om ’n dieper, meer standvastige verhouding met haar te wil hê.

Waak daarteen dat jy nie ’n fout maak en dié meisie deur jou vingers laat glip nie.

Moenie eers wil besef wat die meisie vir jou beteken wanneer dit te laat is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters