23 dae gelede
Seer van verlede maak haar agterdogtig
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS A van K en het ’n ou­tjie, M, op Facebook ontmoet.

Ons is al ’n jaar en ’n half saam. Ons het albei seergekry in vorige verhoudings.

Antie, ons voel ons kan ’n toekoms hê, maar ek voel altyd ek vertrou mans net so ver as wat ek hulle sien.

As hy soggens werk toe stap, wonder ek of hy vanaand huis toe kom en of hy terugkom om sy goed te kom vat. As hy saans huis toe kom, sê hy hy is lief vir my.

Maar dan voel dit hy het gesê hy gaan my vermoor, want ek ken nie sulke goed nie. As ons in die bed lê en hy vertel my van sy dag en daar is miskien vroue in sy storie, dan begin ek soos ’n matroos vloek.

Ek weet nie wat met my aangaan nie, Antie.

Hy is net die beste en weet net hoe om my te treat. Verder sê hy dat ek al een vir hom is en dat hy nie in ander vroue belangstel nie. Ons gaan saam kerk toe en hy help my met alles.

Waar ek voorheen swaargekry het, help hy my nou baie. My optrede pla my baie.

Ek is 53 en hy is 51 jaar oud. – A van K, Whatsapp

Oppas dat die sondes van ander mans wat jou in die verlede seergemaak het, nie hierdie verhouding vir jou wim maak nie.

Vrou, jy het diep seergekry en dit is hierdie pyn wat jou nou so nasty en agterdogtig maak.

Die reality is egter dat hierdie man nie die skuld kan kry vir ander jou wat jou seergemaak het nie.

Almal het ’n tipping point en jy wil nie hierdie man deur jou vingers laat glip nie. Pastorale berading sal ’n goeie begin wees vir julle as ’n couple.

In die meantime, vat die power oor jouself terug en kiés elke dag om hom te vertrou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters