15 dae gelede
Samaritaan teleurgesteld oor vrou se storie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET verlede Desember gereageer op ’n koerant­berig oor ’n vrou wat hulp makeer het om Krismiskos op die tafel te sit.

Ek het haar toe geneem om te gaan shopping en sy het byna R2 000 se kos gekoop.

Ná die shopping het sy my vertel sy werk vir die de­partement van onderwys en dat sy ’n huis huur teen R6 000 ’n maand.

Sy sorg ook vir haar fris en gesonde volwasse seun.

Ek was baie disappointed, want daar is regtig mense wat kos nodig het en honger ly.

Sy stuur my toe nog op Kersdag ’n boodskap dat sy en haar seun by haar suster gaan lunch.

Ek hoop darem hulle het vir Antie dankie gesê. Ek mind nie om te help nie en sal dit weer vir iemand doen wat dit nodig het. – Leser, Whats­App

Antie het nie weer van haar gehoor nie, maar kan darem sê dat ek nie crave vir ’n dankie vir alles wat ek doen nie.

Ons almal het levels van uitdagings. Selfs ons swaarkry verskil, of ons dit nou wil glo of nie.

Antie verstaan dat jy teleurgesteld was en dalk dink dat iemand in ’n meer benarde posisie meer baat sou vind by jou onselfsugtige daad.

Dit is so dat baie mense daar buite suffer – veral hierdie jaar waarin Covid-19 ons almal vir ’n ses kom slaan het.

Jy het ’n goeie hart en ’n oop hand en Antie is bly dat jy ten spyte van jou ervaring, nie jou rug gaan draai op diegene wat dit die nodigste het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters