11 dae gelede
Relaxer maak dat vrou kaalkop by date opdaag
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MA is nou so oud dat sy baiekeer haar eie birthday vergeet.

Eendag het sy haar hare relax omdat sy ’n date gehad het. Maar toe sy by hom kom, het sy nie besef dat ál haar hare uitgeval het nie.

En daar staan sy toe voor hom met hierdie stukkende hare.

Hoe maak sy nou? – Dogter, WhatsApp

Haai, jinne! Daar moet darem ook oomblikke wees wanneer ’n mens net kan lag.

Antie sukkel dan nou om daai prentjie uit my kop te kry van hoe jou ma met daai hare voor daai man gestaan het.

Maar jou ma moet relax. Relaxer is nie vir almal nie. Veral nie wanneer dit verkeerd gebruik word nie.

Nes die vere egter nie die voël maak nie, behoort hare ook nie die wonderlike mens wat jou ma is, te define nie.

As hierdie man sien watter mens jou ma is, sal hy nie worry oor watse tipe hare sy het nie.

Sy is dalk nou skaam oor hierdie voorval, maar sy het nie moord gepleeg of kos uit iemand se mond gesteel nie.

Sê haar om te relax. Haar gemoed, bedoel ek. As hierdie ou nie weer van hom laat hoor nie, is hy anyway nie haar liefde werd nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters