24 dae gelede
Porn-verslaafde outjie behandel my nes kind
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 25-jarige meisie en my outjie is 32 jaar oud.

Ons gaan al meer as vyf jaar uit en bly saam.

Die laaste tyd is daar geen plesier in ons verhouding nie. Hy behandel my soos ’n kind, werk self met die geld en koop self kos.

Dan is daar nog die probleem dat hy lief is daarvoor om op sy phone porn te kyk en vir my daaroor te lieg.

Hy bly ’n sekere tyd van die aand toilet toe gaan met sy phone.

Ons het ’n tweejarige kind saam, maar ek kan nie eens uit my eie uit kimbies koop nie.

Sy ma soek ook aanhoudend by hom geld. Ja, dis sy ma, maar ek voel net ons bly op ons eie, so hoekom moet hy elke aand vir Mamma ook sorg?

Sy werk ook en ons trek maar swaar. Het Antie vir my raad, asseblief? – Ontevrede, WhatsApp

Liefie, as jy nou groot moeilikheid wil hê, dan moet jy die storie van sy ma by hom opbring.

Dit maak nie saak hoe groot mans raak nie, hulle bly mama’s boys for life.

Eintlik sal enige kind wat waardering het vir hoe swaar hul ouers hulle grootgemaak het, nie huiwer om finan­sieel uit te help nie. Om hom anders te oortuig, gaan basically onmoontlik wees.

Wat jul eie system van geld en uitgawes betref, jy kan daarop aandring om ook ’n sê te hê.

Die responsibilities van die huis en wie wat gaan shopping, behoort tussen julle twee bespreek en op ooreengekom te word.

Praat met hom en sê hom hoe jy voel wanneer hy jou uitsluit by die finansiële sy van jul verhouding.

Wie weet, dalk kan julle iets uitwerk wat jou happy sal maak en sal maak dat jy minder panga-kyk-gedagtes kry wanneer jy aan sy ma dink?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters