Verlede maand
Player nou spyt oor hy groot liefde gelos het
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS in my 40’s en my girl is oor die 50 jaar oud.

Ons wil graag eksperimenteer en is op soek na groot, fris en vet dames om ons te join.

Kan Antie ons dalk help? Naughty 40’s, WhatsApp

Hierdie is nie nou die tyd om vir jou stout te wil staan en hou nie. Die president sê so.

Begrafnisse en mense wat nou so voor Sassa-kantore toustaan, is klaar moontlike superspreader events.

Wil jy dan nou hê die prez moet jagsheid ook byvoeg op die lys van moontlike spreaders van die virus?

Dit is nie nou die tyd om mense in jul huis en slaapkamer toe te laat wat julle moontlik met die virus kan aansteek nie.

Dink jy nie dis maar beter dat jy en die girlfriend vir eers op jul eie laag lê nie?

Liewe Antie Mona

EK WAS ’n jaar en ’n half getroud toe ek besef trou is nie vir my nie.

Gelukkig was daar nog nie kinders nie.

Ek is ’n player. ’n Player wat nooit moes trou nie, maar my destydse vrou het so dik gehou dat ons moet trou.

Dit was groot trane en hartseer toe ek haar sê ek voel nie meer om getroud te wees nie.

Ons het eventually geskei en dis nou so agt jaar later.

Sy het intussen iemand anders ontmoet en is al die afgelope drie jaar getroud.

Ons het tot onlangs voor lockdown mekaar nog gereeld by gesellighede raakgeloop.

En sal ek dan nie toe besef dat ek nog lief is vir haar nie!

Oor die jare het ek verskeie los verhoudings gehad, maar niks serious nie.

Ek het besef my eks is die groot liefde van my lewe en dit was ’n fout om haar te laat gaan.

Ek het vir haar ook so gesê, maar sy het my nooit geantwoord nie.

Antie, ek stalk hulle nou op Facebook en my hart pyn as ek deur die pics gaan en sien hoe gelukkig hulle lyk.

Ek kan dit nie vat nie. Ek het al selfs gewens haar man kom iets oor sodat ek weer ’n kans by haar kan staan.

Dink Antie ek moet weer kliphard probeer om haar terug te wen? – Spyt Eks, WhatsApp

Hoegenaamd nie! Kans is kans en beurt is beurt.

Jy het jou kwota kanse en beurte gehad wat jy deur jou vingers laat glip het.

Pleks van vir jou ’n Polo Playa koop, wou jy mos ’n player wees.

Watse nonsens is dit hierdie van ongeluk op mense se lewens wens sodat jy kan benefit?

Daar is geen, maar géén geluk vir jou in iemand anders se ongeluk nie.

Jy het haar destyds diep seergemaak en die beste ding wat jy nou kan doen, is om uit haar lewe te bly en haar te allow om al die happiness te geniet wat sy tans ervaar.

Beweeg aan. Kap al aan verby haar en haar huwelik. Die laaste ding wat jou eksvrou nodig het, is vir die man wat haar nie destyds wou hê nie om haar happiness in gevaar te stel. Nee man, gun hulle ’n uncomplicated huwelik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters