8 dae gelede
Papgeld word vir ander goeters aangewend
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS CV van DJ en het ’n tyd gelede raad by Antie gevra oor my kind wat so abuse word.

Antie sal nie glo wat gebeur het nie. Ek kon die social worker betrokke kry, maar die ma en die ouma het so ’n storie gespin dat die social worker ook nou teen my gedraai het.

My eks se newborn se pa het ook nou verdwyn en my kind se support-geld moet nou vir hierdie baba ook cover.

Ek het niks teen die baba nie, maar wat die ma doen, is verkeerd.

Sodra dit naby my pay-dag kom, word ek gebel om die kind te kom haal. Sy gee my ook valse hoop dat die kind by my kan kom kuier. Ek wag nou nog.

In die meantime treur ek oor my kind, want hy kry baie swaar terwyl ek lekker lewe en eet.

Haar ma is die mastermind agter alles. Sy sê as my kind na my toe kom, dan sit sy my kind se ma uit.

My kind se Sassa-geld cover daardie huishouding se DStv-betaling.

Ek wil so graag my kind sien. Ek het ook mos regte.

Sy sê ek worry nie, maar dis nie waar nie. As ek bel om te hoor hoe dit met my kind gaan, dan trek sy weg en sê daar is niks om te eet nie. Wie wil heeltyd na dit luister?

Ek het al aangebied om hom groot te maak en dan kan hy vir haar gaan visit, want sy cope nie met die twee kinders nie.

Maar sy wil nie, want dan kry sy nie die Sassa-toelaag nie.

Sy woon in die Oos-Kaap en ek in die Wes-Kaap. Ek oorweeg dit nou om nie meer support-geld te betaal nie sodat hulle my hof toe kan sleep en ek my kant daar kan stel.

Maar ek het nie die hart nie, want waarvan gaan my kind dan lewe? Ek gee wel R1 000 per maand en ek dink dis genoeg.

Ek is selfs bereid om meer te gee as ek ook die regte kan hê om my kind te kan sien.

Gee raad, asseblief. CV van DJ, WhatsApp

Antie onthou jou heel eerste brief nog baie goed en is hartseer dat dinge nog nie vir jou verbeter het nie.

Ongelukkig is daar baie ouers wat net kind op kind kry sodat hulle Sassa grants kan kry.

Hierdie toelae gaan dan nie eens na die kinders toe nie, maar word vir entertainment ingespan.

Daar is klomp moneylenders en merts wat hierdie kinders se Sassa-kaarte hou tot die volgende “pay-dag”.

Dit is in sulke gevalle wat die regering ons kinders gruwelik fail, want daar is nie ’n mechanism in plek om seker te maak dat die geld wel vir die behoeftes van die kind aangewend word nie.

Daarvan getuig jou kind se toelae, wat dan nou vir satellite dish entertainment gebruik word.

Dan kry ’n mens weer ’n ouer soos jy wat uit jou pad uit gaan om vir jou kind te sorg. Maar dan is die ma ’n groot kopseer. Om nie eens van die ouma te praat nie.

Niemand kan jou van jou kind af weghou nie. Antie het jou al so gesê.

As biologiese pa hét jy regte.

Of jy nou daarvan hou of nie, die geld wat jy stuur, gaan vir die ander kind ook gebruik word, want jy moet nou betaal vir die ander pa wat weggehardloop het.

As jy diep in jou hart glo dat jy ’n beter lewe vir jou kind kan gee, dan stel ek voor jy kry vir jou ’n lawyer en beveg hierdie saak in die hof.

Dit klink vir my na al way hoe jy daarin gaan slaag om die ma, ouma en social worker te beat.

Vat al die bewyse van neglect wat jy het na ’n prokureur en kry die proses aan die gang om toesig oor jou kind te verkry. Maklik gaan dit nie wees nie, maar as die hof jou weergawe glo, sal jy uiteindelik toegang tot jou kind kry.

Liewe Antie Mona

EK IS A van B en is bekeer.Ek is 22 jaar oud en het twee kinders, Antie.Ek is baie verlief op iemand, maar omdat die Bybel gekant is teen vry omdat dit hoereer is, wou ek weet of dit verkeerd is om te voel soos ek voel.

My ma like hom ook nie, Antie. Hy is ’n truck driver en single.

Hy is bereid om my te aanvaar met my kinders. – A van B, Whats­App

Antie kan nie onthou of dit ’n sonde is om jou tong ook ’n goeie tyd te gee nie.

Kyk, jou ma is skepties omdat ander ouens jou ook al liegstories gespin en toe verdwyn het.

Nou wie sê vir jou hierdie trokdrywer maak jou nie net sag en gooi ’n langpad-lange sodra hy gekry het wat hy wou hê nie?

Daar is veels te veel mansmense vandag wat meer lieg as wat hulle werk. Kyk dié kat uit die boom en maak seker van jou saak.

Jy wil immers nie op 23-jarige ouderdom met drie kinders sit en g’n van hulle se pa in sig nie...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters