Verlede maand
Pa suffer jare ná vals beskuldiging steeds
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS stukkend, verlore en op ’n ashoop van pyn.

In 2011 is ek valslik beskuldig van die verkragting van my eie dogter.

Die hooggeregshof het my onskuldig bevind, maar my lewe het ’n lelike draai gevat.

Vandag is ek 11 jaar getroud, maar sonder ’n vrou.

Ek voel eerder soos ’n jolman van my vrou. Ek weet nie eens meer hoe dit is om ’n pa te wees nie, want dit is my ook ontneem.

Elke dag moet ek ’n masker van geluk vir die wêreld opsit, maar binne-in my is ek verskeur.

Sien, nog nooit was ek só lief vir iemand, maar só sleg getreat nie.

Ek kan nie eens naby my vrou of kinders kom nie, want ek is as ’n monster uitgemaak.

Sodra ek my gesig by my skoonmense wys, dan moet ek vir my lewe hardloop.

Ons is 11 jaar getroud, maar in reality het ons net 2 jaar saamgebly voordat die vreeslike voorval my getref het.

My vrou kom gereeld kuier en belowe my baie dinge, maar die vryheid wat sy tot nou toe geniet, sal sy nie afstaan om saam met my te wees nie.

Ek kom vele kere af op leuens wat my vrou spin en dit breek nogal ’n man af, Antie.

Ek hoop en bly bid dat sy sal terugkeer, maar alles lyk meer en meer na net ’n droom.

Selfs my kinders ken my nie. Hulle is bang vir my oor al die stories wat hulle gehoor het.

Ek sal nooit weer voel hoe dit is om ’n pa te wees nie.

Hoe beweeg ek aan? Ek is bang ek oorreageer en raak dan deel van die statistieke. Brood, Whats­App

Brood, die Engelse mense sê mos: “Never say never.” So, jy moet nooit dink dat die opportunity om bande met jou kinders te herstel, nooit sal aanbreek nie.

Dit is ’n terrible ding waarvan jy beskuldig is.

As die hof jou onskuldig bevind het, dan kan Antie en lesers seker maar aanneem dat jy onskuldig is en glad nie betrokke was by daardie afskuwelike daad nie.

Dit was nege jaar gelede en die pyn en foltering wat ’n mens deurmaak, behoort ook ’n expiry date te het.

Maklik gaan dit nie wees om jou verhouding met jou kinders te herstel nie.

Nie net is daar die gif van die stories wat oor jou versprei is nie, daar is natuurlik ook die invloed van jou skoonouers, wat jou om elke hoek en draai net wil bedood, soos jy self sê.

Ja, maklik gaan dit nie wees nie, maar jy moet onthou dat jy as die pa ook regte het.

Jy verdien die kans om ’n verhouding met jou kinders op te bou, of jou skoonouers nou daarvan hou of nie.

Gaan sien ’n social worker en verduidelik die situasie aan hom/haar.

Vra hierdie persoon om die versoening tussen jou en jou kinders te fasiliteer.

Dit gaan ’n start wees, want wat jy nóú nodig het, is om aan die gang te kom wat healing betref.

Die Antie Mona-show

HULLE sê mos skaam­rakens speel nie saam nie, nè?

Maar daar hoef beslis geen skaamheid of bangheid te wees as dit kom by inskryf vir die Antie Mona-show nie.

In samewerking met die awe­some mense van die VIA-kanaal, word hard beplan om Antie se show die lig te laat sien.

Maar ons het jou, die lojale leser, nodig. Antie need nóg deelnemers.

Talle het al ingeskryf. Hulle moet net geduldig wag; die producers sal hulle kontak.

Maar daar is nog plek vir mense wat hul lief en leed op die show met Antie wil deel. Antie is hier vir ál jou lewensprobleme, maak nie saak wat dit is nie.

Stuur vir Antie ’n WhatsApp message, toe? Of sommer net ’n kort voice note waarin jy kortliks vertel waaroor jou issue gaan.

Jy kan jou boodskap of voice note na 082 858 0044 stuur.

As jy gekies word om aan die show deel te neem, moet jy bereid wees om ’n dag aan verfilming af te staan.

Daar wag ook lekker goodies op deelnemers.

So, wikkel, soos daai song sê, en stuur sommer nóú jou boodskap!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters