Verlede maand
Pa laat haar nie toe om boyfriend te hê
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY OUERS verstaan my nie.

Ek is 22 jaar oud en Antie, nog nooit was ek allowed om ’n boyfriend te hê nie. As ek vra, dan moet ek elke keer hoor: “Eendag”.

Nou wanneer kom hierdie eendag dan vir my?

My pa het straight vir my gesê hy trust nie die ouens daar buite nie en hulle is net agter een ding aan.

Maar daai is mos nie supposed om my probleem te wees nie. Dis mos nie my skuld as twee van my tjommies al kinders het nie.

Ek studeer tans en weet wat ek in die future wil bereik.

En surely behoort ’n man aan my sy ook in die picture te wees.

Op hoërskool was daar ’n outjie wat my gesmaak het en hy het eendag ’n draai by ons huis kom maak.

Antie, my pa het hom so sleggesê dat hy nooit weer sy gesig by ons huis kom wys het nie. Hy het ook nooit weer op skool met my gepraat nie.

Ek kan nie met my ma hieroor praat nie, want sy bly sê dat my pa doen wat die beste is vir my.

Maar hoe is “die beste vir my” om my eenvoudig weg te hou van liefde?

Ek kan nie saampraat as my vriende oor hul relationships praat nie. Ek voel so uit.

Ek is lief vir my pa, maar ek dink dis unfair wat hy doen. Hoe raak ek die topic aan sonder om sy feelings seer te maak?

Hy is ’n wonder­like pa en gaan uit sy pad om my te bederf. Maar ek kan nie vir altyd Daddy’s little girl bly nie. – Miss G, WhatsApp

Die wêreld was maar nog altyd complicated met soveel slaggate en nare karakters daarin. Selfs toe jou ouers jóú ouderdom was.

Veels te dikwels kyk ons vas in al die negatiewe dinge wat rondom ons gebeur, dan vat ons later nie eens meer note van die goeie happenings rondom ons nie.

Die goeie en slegte dinge van die lewe gaan saam. Die een gaan jy nie sonder die ander kry nie.

En een van die goeie dinge in die lewe is liefde. Om lief te hê en liefgehê te word. Hierdie is ’n experience wat ons mens maak.

Dit kan nie van ons weerhou word nie.

Antie verstaan dat jou pa jou wil beskerm teen die seer en ongenaakbaarheid daar buite.

Maar seerkry is deel van wie ons is.

Dis ’n gevoel wat ons almal een of ander tyd deurmaak. Of ons nou wil of nie.

Vat Daddy bietjie vir koffie terwyl jy in gedagte hou dat girls al van kleintyd af hul pa om hul pinkie kan draai.

En dan sweet talk jy hierdie issue los.

Laat hy weet jy admire hom, jy is lief vir hom en jy waardeer alles wat hy vir jou doen.

Laat hy weet jy verstaan sy need om jou te protect, maar dit is tyd om jou vlerke te sprei en jou eie rigting in te slaan.

Sê vir hom daar is ’n ou wat jy likes en wat jy beter wil leer ken en graag aan hom wil voorstel.

Sê vir hom jy wil die liefde en die seer van die lewe ook op jou eie terme ervaar en daardeur as jong vrou en mens groei.

Antie hou albei duime vas dat so ’n gesprek jou pa sag sal maak.

Worst case scenario as hy steeds stram trek, kan jy steeds respek hê, maar begin om jou eie lewe te lei en keuses te maak waarby hy maar net sal moet inval.

Liewe Antie Mona

MY SEUN was al twee keer in rehab, maar hy is dan elke keer erger.

Hy sal uitkom en skaars ’n week later is hy maar net dieselfde ou duiwel van vantevore. Hy is nou reeds 29 en hop van die een werk na die ander.

Sy meisie het hom ook al gelos. Hy was baie lief vir haar en since hulle uitmekaar is, lyk dit niks maak meer vir hom saak nie.

Hy belieg en besteel my. Ek en sy pa stry elke dag oor hom, want hy wil hom uitsit. – Moedelose Ma, WhatsApp

Op 29 moes dié seun van jou al vergeet het dat hy eens op ’n tyd by sy ouers gebly het.

Sy verhouding het nie gewerk en dis iets waarmee hy nie kan deal nie – en nou as verskoning gebruik.

En aan die einde van die dag is dit jou en jou man se verhouding wat daaronder ly. In vandag se tyd is tough love die name of the game.

As hy nie wil regkom nie, is dit tyd dat hy die gevolge van sy aksies soos ’n man dra.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters